Man val uit venster van woonkompleks

(Foto: Netcare 911)

’n Man het Dinsdagaand by ’n woonkompleks in Durban, KwaZulu-Natal, na sy dood geval.

Die man het na bewering uit ’n venster op die vierde verdieping geval.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 21:53 na die woonkompleks in Sydenham ontbied.

Die man het met hul aankoms geen teken van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

Die omstandighede wat tot die man se val gelei het, is nie in dié stadium duidelik nie.

Maroela Media het Woensdagoggend reeds ’n navraag aan die provinsiale polisie gestuur en wag steeds op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.