Die liggaam van ʼn man is Donderdag omstreeks 14:20 uit die see by die Ou Hawe in Hermanus in die Wes-Kaap gehaal.
Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die man – vermoedelik in sy 40’s – het glo van die hawemuur in die see geval. Hy is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.
ʼn Geregtelike doodsondersoek word nou deur die Hermanus-polisie gedoen.
Van Wyk het nie die man se identiteit bekendgemaak nie. Dit is ook nie duidelik wat tot die voorval gelei het nie.
Luidens ʼn plasing op Facebook deur die Hermanus-buurtwag was nooddienspersoneel glo vinnig op die toneel, maar dit was reeds te laat. Die buurtwag kon egter ook nie meer inligting oor die voorval op sigself verskaf nie.
Mense met meer inligting word versoek om Stop Misdaad by 086 001 0111 te bel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Het een of ander SA akteur se seun nie so n paar jaar gelede daar gesterf nie?