Man val van krans; twee dae later gered

Die helikopter wat die beseerde man vervoer het Foto: @Netcare911, Twitter

Die helikopter wat die beseerde man vervoer het Foto: @Netcare911, Twitter

ʼn Man, wat twee dae lank tussen twee rotse vasgekeer is, is Saterdag in Illembe, KwaZulu-Natal bevry.

“Reddingswerkers maak van spesiale toerusting gebruik om die man te red,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê.

Die man, vermoedelik in sy 60’s, het glo al twee dae gelede by die krans in Ndwedwe in Ilembe afgeval en was tussen die rotse vasgekeer. Hulp is eers Saterdag ontbied.

“Die man het ernstige beserings opgedoen,” het Steinmann bygevoeg. “Hy is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.