ʼn 29-jarige man is glo deur ʼn vrou wat hy vir seks wou betaal van die tweede verdieping van ʼn woonstelblok in Pretoria gestamp.
Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak van poging tot moord word ondersoek.
“Die slagoffer het glo na die woonstelblok in Leydsstraat in Sunnyside gegaan om by vriende te gaan kuier en daar ʼn 29-jarige vrou ontmoet. Hulle het glo ooreengekom om seks te hê en dat hy die vrou daarvoor sou betaal,” het Mavimbela gesê.
Hy het die vrou glo net R30 aangebied, maar sy wou na bewering meer hê en het hom deursoek.
“Die verdagte het later die slagoffer se rugsak met ʼn skootrekenaar daarin geëis. Toe hy weier, het sy hom glo deur die venster van die woonstel gestamp,” het Mavimbela gesê.
Die slagoffer het onder meer sy pols gebreek en is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar hy tans behandeling ontvang.
Die verdagte sal binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn.
He really landed hardon the pavement I believe (-:
Skerp Fluffy … My dag gemaak!
R30 betaal… rerig…. hahahahahahahahahaha. Wat n grap
Hy kon maar sy masjien ook verongeluk.
Wat ‘n patetiese wêreld om in te leef.
Dit is wat jy kry vir R30.
Wahaha! Cheapskate!
Sy verstand was in sy op roep toe hy geonderhandel het vir n diens , toe hy klaar plesierig was reken hy toe die diens was nie meer as dertig rand werd nie. So sal hy nie gou weer sy arm kan gebruik nie en elke keer as hy na sy arm kyk sal hy besef die nagevolge van ‘n agterplaas diens is nie die moeite werd nie. Diens maar liewer by jou huis.
Sy Mshiniwam ht seker gestoor!
Jip elke sport het sy beserings
Hy kon bly wees hy het nie R60 gehad nie, dan was hy beslis oorlede
Scalla, jy maak my dag! Ek het lanklaas so lekker gelag.
Wat se hulle nou weer , met stampe en stote.
Dis nou n grapperige storietjie hy moes homself tebarste geval het hehehe hoopdie origheid is ook beseer
Afgeskeep ek dink jyt n punt beet, gaan mos net oor mooi lyk en moenie my grimmering smeer nie
Prostetusie en poging tot moord. Jy moet maar sit sister, ons het nie sulke mense in die samelewing nodig nie. Daar’s te veel van julle.
Hoekom het ek GEEN simpatie met hierdie man? Dis nou wat jy gedink het ‘n bargain gaan wees jou in die sak gebring het, of is dit in die skande? Hoe verduidelik jy dit vir jou familie en vriende?
Laat dit nou vir hom ‘n les wees.