Man val verdiepings ver na sy dood

Foto: ER24

ʼn Man is Donderdag dood ná hy ʼn paar verdiepings ver uit sy woonstel in Johannesburg geval het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 09:00 na die toneel ontbied in Johannesburg se middestad, op die hoek van Rahima Moosa (Jeppe)- en Nuggetstraat.

“Die oorledene het buite die woonstelblok in die straat gelê,” het hy verduidelik. “Paramedici het hom ondersoek en bevind dat hy ʼn noodlottige kopbesering opgedoen het. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.