Man val vier verdiepings ver

Die woonstelblok in Wonderboom, Pretoria. Foto: Google Maps

Die woonstelblok in Wonderboom, Pretoria. Foto: Google Maps

ʼn Man het ernstige beserings opgedoen nadat hy Donderdag in die vroeë oggendure vier verdiepings ver uit ʼn woonstelblok in Wonderboom-Suid, Pretoria, geval het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die 28-jarige man het omstreeks 02:20 van die vierde vloer van die woonstelblok in 10de-laan geval. Paramedici het hom in die parkeerterrein gevind met verskeie ernstige beserings.

“Paramedici het die man op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is. Dit is nie duidelik hoe dit gebeur het dat die man uit die gebou geval het nie,” het Mathe gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gesiggie ·

Hoe in die lewe… het hy dalk ge sleep walking of wat? daai tyd van die oggend… of het iemand hom uit gestamp…. of wou hy selfmoord pleeg… ek hoop hy sal ok wees… dit moes n harde val gewees het… sterkte aan die man.

SNEL ·

Gesiggie, jy het nog punte vergeet….of was drank, rook of snuiggoed betrokke?
Ek kan nie dink dat iemand so ver val en nog lewe nie. Dis behoorlik n man van staal. Hoop Hy herstel goed en dat hy los of wegbly van dit wat hom so laat val het.

Gesiggie ·

Ja .. SNEL Stem… 4 verdiepings is nogal hoog…hoe val n mens net uit? en maybe is ek blind of kyk ek nie reg? maar as hul hom in die parkeer area gekry het? kyk na foto.. daar is n omheining voor die parkeer area? en iets wat lyk soos n hek, kan nie mooi uitmaak..parkeer area bietjie weg van woonstelblok . was hy superman? of sien ek dinge wat ek nie moet?

Berhalet Beukes ·

Die buite parkering is vir gaste… Daar is wel parkering binne die woonstelblok se gronde. Dis ‘n “street view” van die gebou.

Wiebo ·

GEEN nugter mens val daai tyd van die oggend by n venster uit nie………….. Sy eie skuld of iemand het hom uitgegooi.

Scalla ·

Ek dink hier is n slang in die gras, iemand het by die voordeur ingekom en toe glip hy by die agterdeur uit, die verskil daar was nie een nie, toe maak hy een

Tina du Toit ·

@Scalla, lekker lag ek nou vir jou. Ja nee, dalk wou iemand van hom ontslae geraak het. Ek is nogal nieskierig om sy storie te hoor. Dalk kwaai vrou hom uitgesmyt. Weet net hy het hard kennis gemaak met die grond.

Popeye ·

Die arme ou loop (val) dalk in sy slaap…. ?gelukkig lewe hy!

carol van vuren ·

Die woonstel blok is. Reg orkant my woonstelle, en ek dink terwyl die polisie die saak ondersoek, kan ons nie veel se nie, al wat ek weet die blok woonstelle het rondom remote veiligheidshek en die klein hekkie moet jy ook tag he om in te kom, so dit se baie en die view is die kant van die woonstel uit straat aansig by die voorkant van die flats se ingange , deesdae word mens gereeld wakker in die oggend ure as jy in woonstelle bly in die lane teen die berg oor dinge wat jy hoor en stemme en karre wat rev en spin

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.