Man val voor verloofde na sy dood

Jody Jooste en sy verloofde Nicole Hoole. Foto: Facebook

Jody Jooste en sy verloofde Nicole Hoole. Foto: Facebook

Jody Jooste (25) het Oujaarsdagoggend ten aanskoue van sy verloofde op Leeukop in Kaapstad na sy dood geval.

Merle Collins, woordvoerder van die Tafelbergse Nasionale Park, het aan Maroela Media gesê Jooste het glo op ʼn klip gestaan toe dit meegegee het en hy na sy dood geval het. Sy liggaam is met ʼn helikopter van die berg verwyder.

Jooste se verloofde, Nicole Hoole, het kort nadat hulle vroeg Woensdagoggend die kruin bereik het twee foto’s op Facebook geplaas. “Het dit tot op Leeukop gemaak. Yay. Dood nou, moet nog af gaan.” Jooste het kort hierna na sy dood geval.

“My liefde, jy sal voortleef in ons harte en in ons pragtige intelligente dogter. Elke keer as ek na haar kyk sien ek jou. Ek is baie dankbaar dat ek die mees ongelooflike agt jaar van my lewe saam met jou gehad het en jy het Chloe [hul dogter] vir my gegee. Jy sal gemis en gekoester word. My hart is seer vir jou. Maar ek sal sterk wees en aangaan aangesien dit is wat jy van my sou verwag het,” het Hoole Donderdag op Facebook geskryf.

Hoole het die twee foto’s op Facebook gelaai kort voor Jooste na sy dood geval het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.