Man val vyf verdiepings na sy dood

Die man het uit dié woonstelblok probeer vlug na ʼn brand in die gebou uitgebreek het (Foto; Verskaf)

ʼn Man is dood nadat hy Vrydagoggend sowat vyf verdiepings uit ʼn woonstelblok in Maltzan-straat in Pretoria geval het. Hy het uit die woonstelblok probeer vlug na ʼn brand in die gebou uitgebreek het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, sê paramedici is Vrydagoggend omstreeks 11:46 na die woonstelblok ontbied. Daar het hulle die man in ʼn kritieke toestand op die grond aangetref.

“Die man het glo van die vyfde verdieping geval toe hy probeer het om uit die brandende gebou te ontsnap,” vertel Herbst.

Paramedici het die man op die toneel begin behandel.

“Sy toestand het egter vinnig agteruitgegaan en hy is op die toneel dood verklaar,” sê Herbst.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

MrMagic ·

Kan dink hoe vreeslik dit moet wees om daartoe gedryf te word agv ‘n brand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.