Man van 450 kg kry hospitaalbed

Corrie Le Grange. Foto: Verskaf

Corrie Le Grange. Foto: Verskaf

Die man van Johannesburg wat 450 kg weeg en wie se gesin desperaat op soek was na ʼn mediese instansie wat hom sal behandel, is uiteindelik op pad hospitaal toe.

Maroela Media het vroeër berig Corrie le Grange (60) is in ʼn ernstige toestand by sy huis in Edenvale nadat vog oor die afgelope maand in sy liggaam begin opbou het. Sy niere is ook besig om in te gee. Staatshospitale het egter geweier om Le Grange op te neem omdat hulle glo nie beddens het wat sy gewig sal kan dra nie.

Hy kon ook nie in ʼn privaathospitaal opgeneem word nie omdat hy glo voor opname R100 000 deposito moes betaal.

Linda McKenzie, ʼn lid van die Edenvale-gemeenskappolisiëringforum (GPF), het Woensdagmiddag aan Maroela Media gesê hulle kon daarin slaag om ʼn versterkte bed by ‘n privaatmaatskappy te huur en die bed is saam met Le Grange op pad na die Charlotte Maxeke Akademiese hospitaal.

“Ons is nou besig om hom in ʼn kombi in te laai en die bed is op ʼn waentjie agter die voertuig,” het McKenzie gesê. “Wanneer hulle by die hospitaal kom, sal hulle hom op die matras uit die voertuig en op die bed kan trek. Paramedici van Emer-G-Med is by hom om hom tot by die hospitaal te monitor.”

Volgens McKenzie het Le Grange deur die dag verder agteruitgegaan en kla hy nou van borspyn en kortasemheid. “Ek is baie bly dat hy uiteindelik op pad is hospitaal toe. Hy kan nie by die huis behandel word nie, die risiko is net te groot. Hy moet in ʼn hospitaal wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jo-an ·

Ek’s do dankbaar dat Cortie n kans gegun word om mediese sorg te kry. Baie dankie aan almal betrokke wat soveel omgee.

HENNA ·

Dis goeie nuus van Mnr Le Grange – spoedige beterskap meneer
Jul wat so kommetaar lewer oor die kilo’s – wees eerder stil asseblief

Leonie ·

Dis goeie nuus!! Dankie vir die hospitaal en almal wat gehelp het en ook Emer-G-Med. Julle is awesome! Hoop op spoedige herstel. Dankie Maroela Media vir die storie en terugvoer.

Muis ·

Mooi so julle! CORRIE, moenie dat enige mens en/of hulle aanmerkings jou ooit onderkry nie. Jy’s ‘n bul van n man en ek hoop jy het vel soos n renoster – jy is great nes jy is!

Cathy Kotze ·

Dis ‘n baie ernstige noodgeval. Die oorsake van Askitis is legio: Moontlike hartversaking, sekere kankers, lewersirrose….

Die regte diagnose is van kardinale belang.

Sterkte!

Anke ·

Mag oom se pad na herstel vol vrede en rustigheid wees. Gou gesond word!

Maureen Botha ·

Naand, uit belangstelling uit wat is dieboorsaak van die water opbouing. Ek vfra omdat ek vandag uit die hospitaal ontslaan is vir asmatiese broncho pneumonia en ook baie water het. Het Vrydagaand 70 kg geweeg en vandag met ontslag 77.9kg.

Shantel ·

Ek hoop van harte dat hul die oom sal help tot die beste van hul vermoeë. My pappie was omtrent 360kg… En was ook maar sleg behandel.. Ambulaans wou hom nie hospitaal toe vervoer nie,ons het ook kombi gekry en pa hospitaal toe gevat, ook n gemoan en groan oor beddens en net die volgende dag ontslaan. Week later is my pappie oorlede… Water oor hart…. Ek sê tot vandag.. As iemand net belang gestel het om te help… Kon hy miskien vandag nog hier gewees het.

Amanda ·

My hart gaan uit na mnr le Grange. Mag dit van hier af net beter gaan. Dankie Maroela vir die berig.

Paul en Hendrik ·

Hi Corrie, you are and will always be a man of giant personality, sense of humour, care for everyone around you and love that abounds all expectations… Get well soon and ☺ at home again. Love you guys P & H

Liza ·

Ja ek lees dit ook so, die twee koerante se stories stem nie ooreen met mekaar nie, wonder maar net wat is die waarheid?

Estie ·

Baie baie sterkte aan Corrie. Dit kan nie maklik wees. En al die komentare hier bo maak dit ook nie makliker nie… Hou op om ander mense te oordeel. Jy weet nie wat die rede is nie. Staan mekaar eerder by. Is dit regtig soveel menslikheid gevra…. Corrie, hoop jy word gou gehelp, en ek hoop jy is sommer gou weer op die been

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.