Man van boendoehof gered; agter tralies vir ‘moord, verkragting’

(Foto: SA Police Service/Twitter)

ʼn Man wat pas uit ʼn hospitaal ontslaan is nadat ʼn skare hom in ʼn voorval van gepeupelreg naby Groblersdal in Limpopo aangerand het, is in hegtenis geneem in verband met klagte van moord, poging tot moord, twee van ontvoering en twee van verkragting.

Die 34-jarige man het reeds vlugtig in die Groblersdal-landdroshof verskyn. Die saak teen hom is tot Maandag uitgestel, het kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, gesê.

“Die verdagte was soek sedert die misdade wat hy na bewering verlede jaar in die Marble Hall-omgewing gepleeg het.”

Die liggaam van ʼn tweejarige seuntjie, Samson Sithole, is na bewering in Desember verlede jaar met kopbeserings in ʼn beboste gebied naby Koteng gevind. Hy is oënskynlik die vorige dag as vermis aangemeld, het Ngoepe gesê.

“Die verdagte is later geïdentifiseer, maar het verdwyn toe hy besef het die polisie is op sy spoor.”

Hy is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy uit die hospitaal ontslaan is vir beserings wat hy opgedoen het toe ʼn skare hom na bewering aangerand het. Hulle het hom beskuldig van die ontvoering en verkragting van ʼn sewejarige meisie vroeër vandeesmaand.

Die man sal ook in die Nebo-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering, verkragting en poging tot moord.

Ngoepe het gesê die moontlikheid bestaan dat die man met ander voorvalle verbind kan word. Die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ch ·

Tipies polisie. Doen Niks tot ander begin optree dan Wil hulle optree. Ander Moet die vabond vang en in polisie se hande gee, dan dink polisie nog of hulle Moet optree

J J Schoeman ·

Op 3 Oktober word twee skelm polisie-lede in KwaZulu Natal koelbloedig deur hul makkers afgemaai, nadat hulle die poskantoor in Dalton gaan beroof het. In die polisievoertuig vind hulle groen-bevlekte banknote, inbreek-toerusting en ‘n aantal 9mm vuurwapens, waarvan meer as een private vuurwapens is.

Gen. Sitole se bek is baie groot dat hulle misdaad gaan vasvat, maar intussen is sy mense verantwoordelik vir die meeste misdaad.

Snaaks dat Maroela Media doodstil is oor hierdie insident, net kleiner oortredings tref die nuuskanale!!

AndrewL ·

Ek sien nêrens van die vergadering wat die MRK daar gehou het nie. Hoeveel gaan die slagoffer van die boendoehof eis?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.