Man van broer se moord aangekla

boeie

(Argieffoto: SA Polisie)

’n Man verskyn later vandeesmaand weer in die hof in die Vrystaat in verband met die moord op sy jonger broer.

Mosiuoa Monchusi (34) word daarvan beskuldig dat hy sy jonger broer, Sello Monchusi, met ’n mes in Thaba Nchu doodgesteek het.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, sê ’n argument het verlede Woensdag omstreeks 20:00 tussen die twee broers by Mosiuoa se plakkershut in Ramakgari uitgebreek nadat hy glo besef het dat sy geld waarmee hy kruideniersware moes koop, weg is.

Mosiuoa het Sello (31) daaroor gekonfronteer waarna ’n bakleiery uitgebreek het.

Dit word beweer dat Monchusi sy broer gedurende die bakleiery met ’n mes gesteek het waarna hy sy liggaam na die hoofhuis gesleep het. Die plaaslike polisie het Sello se liggaam daar gevind nadat die bure hulp ontbied het.

Bloedvlekke, Sello se skoen en ’n knopkierie is later in die plakkershut gevind waarna Mosiuoa in hegtenis geneem is.

Mosiuoa het reeds Vrydag in die Thaba Nchu-landdroshof verskyn op aanklagte van moord.

Hy sal weer op 26 Januarie in die hof verskyn wanneer hy na verwagting aansoek om borgtog sal doen. Mosiuoa bly tot dan in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Blomme ·

Word argeumente nie meer sonder geweld opgelos nie.. Is daardie vir ewig verby?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.