Man van Durban doodgeskiet in kaping

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 48-jarige man is Woensdagoggend tydens ʼn kaping in Durban doodgeskiet.

Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het aan Maroela Media bevestig dat die kaping Woensdagoggend in Chatsworth plaasgevind het.

“Die man is noodlottig gewond toe hy en sy seun gekaap is. Sy seun kon daarin slaag om ongedeerd te ontsnap,” het Zwane gesê.

Die voertuig word steeds vermis. Die polisie ondersoek ʼn saak van kaping en moord. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 06:20 in die oprit na ʼn huis in Moortonrylaan plaasgevind.

“Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Botha gesê.

Die oorlede se naam is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

Ek stem Hein!!! Sterkte vir die seun en familie!!! Dis vreeslik wat hier gebeur het, daai arme kind, wat hy nie moes deurmaak nie. Mag die Here julle toevou en vertroos en deur hierdie moeilike tyd dra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.