Man van Durban het glo Kaapstad-bendes bewapen

Argieffoto

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) se nasionale buro vir onwettige vuurwapenbeheer en prioriteits- gewelddadige misdaad (NBIFCPVC) van Kaapstad, saam met ʼn spesiale taakspan van Durban, misdaadintelligensie en metropolisie, het Vrydag ʼn vuurwapenhandelaar in hegtenis geneem wat glo vuurwapens aan bendes in Kaapstad verskaf het.

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, het in ʼn verklaring gesê die 41-jarige eienaar van ʼn vuurwapenwinkel word verbind met die verskaffing van vuurwapens deur ʼn afsonderlike ondersoek en staan tereg op verskeie aanklagte. “Die man word glo verbind aan die onwettige verskaffing van vuurwapens deur sy handelaarskap aan bendes in die Wes-Kaap. Hy staan tereg op verskeie aanklagte, waaronder moord, poging tot moord, bedrog, oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer en oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad.”

Sy het gesê die span, onder leiding van die Valke, het in George beslag gelê op 17 onwettige vuurwapens wat van Johannesburg af vervoer is. ʼn Verdere ondersoek het onthul dat die vuurwapens bestem was vir bendes in Kaapstad.

Daar is op nog 44 vuurwapens beslag gelê uit die verdagte se onderneming.

“ʼn Forensiese ondersoek verbind van dié wapens met kriminele bedrywighede wat strek van moord tot poging tot moord.”

Die man sal na verwagting Maandag in die Worcester-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Mknister Cele is stil. Maklik om wettige vuurwapen eienaars te pntwapen

Deon

Dis goeie nuus maar ongelukkig maak dit net n vakature oop vir die volgende een om dieselfde te doen… Nietemin, knap

Blomme

Gooi hom in die tronk en raak ontslae van die sel se sleutel..