Man van gim se dak na veiligheid gebring

Die nooddienste op die toneel. (Foto: Verskaf)

’n Naakte man is Sondag na veiligheid gebring nadat hy gedreig het om op die dak van ’n Virgin Active-gimnasium in die Pretoriase middestad selfmoord te pleeg.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê paramedici, die polisie en die plaaslike brandweer is omstreeks 15:00 na die toneel ontbied om die man na veiligheid te help neem.

Die man, vermoedelik onder die invloed van dwelms, het aanvanklik gedreig om homself met ʼn gebreekte bottel te steek sou iemand dit naby hom waag.

’n Brandbestryder kon die man kort ná 19:00 uiteindelik oortuig om na veiligheid geneem te word.

Die man is ongedeerd van die gebou afgehelp en die toneel is aan die polisie oorhandig.

Die nooddienste op die toneel. (Foto: Verskaf)

Die nooddienste op die toneel. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tipper ·

Jy klim mos tot bo en as jy bo kom spring jy dadelik af, alles langer as dit is sensasie soek.

domheks ·

En nou moet almal hom bejammer! Hoop hy moet betaal vir sy ‘redding’ operasie.

miche ·

Moontlike psigose agv. dwelms ( en dagga wat mos nou wettig is) ?

Faraway ·

Die naakte waarheid is . . . . hy gaan dit moontlik weer doen eendag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.