Man van insleepdiens vind beseerde seun op toneel

Victor Coetzee is tydens ‘n motorfietsongeluk beseer. (Foto: Facebook)

’n Bestuurder van ’n insleepdiens in die Oos-Kaap het “elke ouer se nagmerrie” oorgekom toe hy verlede week oudergewoonte op ’n ongelukstoneel reageer het, net om sy seun vasgepen onder ’n vragmotor aan te tref.

Die 23-jarige Victor Coetzee van Port Alfred het onder meer ernstige beserings aan sy bekken en ruggraat opgedoen toe sy motorfiets verlede Maandag onder ’n aankomende vragmotor in Southwellweg beland het.

Sy pa, Raoul Coetzee van Crash Towing, het toevallig op dié voorval reageer.

“Ek was nie self daar nie, maar dit is natuurlik elke ouer se nagmerrie wanneer só iets met jou gebeur. Jy verwag nie om jou eie seun op só ’n toneel aan te tref nie. Dit was nogal traumaties vir hom gewees,” vertel David Macgregor, ’n familievriend van die Coetzees.

“Gelukkig is Raoul ’n professionele persoon met baie ervaring en kon hy die [nood-en-reddingsdienste] help om die domkrag van die vragmotor te lig om Victor uit te kry.”

Macgregor vertel dat Raoul op die toneel gevrees het dat sy seun moontlik verlam kan wees. “Hy het Victor se been of voet geknyp. Victor het reageer en wou by sy pa weet hoekom hy hom knyp. Sy pa het darem toe besef hy is nie verlam nie.”

Macgregor meen Victor was gelukkig om die ongeluk te oorleef aangesien die voorkant van sy motorfiets onder die vragmotor vasgesteek en verhoed het dat die vragmotor se volle gewig op  hom sou beland.

Die jong man is ná die voorval eindelik in die Livingstone-hospitaal opgeneem waar ’n lang herstelpad nou op hom wag. Die gesin beskik egter nie oor ’n mediese fonds nie en verskeie gemeenskapslede het intussen ingespring om die gesin finansieel by te staan.

Macgregor vertel dat Victor, ’n motorfietsmeganikus, sy motorfiets sou verkoop om volgende jaar saam met sy twee seuns bome in Swede te gaan plant. Sy motorfiets is egter tydens die ongeluk afgeskryf.

Klik hier om meer te wete te kom as jy ’n bydrae tot Victor se behandeling wil maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

AmY ·

Die seun was sy eie seun. Lees weer, en konsentreer nou.
Dankbaar die seun lewe nog. Hoop hy word gou gesond.

Blomme ·

Dit moet verskriklik wees vir ń ouer. Ek hoop die jongman herstel spoedig.

Frank John ·

Ai, ongeluk kan met enige voertuig gebeur maar ‘n motorfiets maak dit erger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.