Man van Klerksdorp word steeds vermis

Tienie de Beer

Tienie de Beer

Marthinus “Tienie” de Beer (50) van Klerksdorp in Noordwes word nog steeds vermis nadat hy op 15 Augustus spoorloos verdwyn het.

Sundra de Beer, Tienie se vrou, het aan Maroela Media gesê hy is die laaste keer gesien toe hy die middag omstreeks 13:30 by die Speedy in Andersonstraat in Klerksdorp afgelaai is.

Tienie is 1.75 m lank en weeg ongeveer 110 kg. Hy dra ʼn goueraam leesbril. Sy boonste twee tande is gebreek. Hy dra ʼn silwer kruis hangertjie en ʼn goue trouring. Die naam “Wilma” is op sy regterskouer getatoeëer. Hy het ook ʼn letsel op sy maag. Tienie het bruin, kortgeskeerde hare.

Hy het ʼn blou-en-wit-blokkieshemp, blou denim, blou oortrui en khakikleurige Hi-Tec-stapskoene aangehad.

Enigiemand met inligting word versoek om met sers. Sam Smith by Klerksdorp-polisie in verbinding te tree by 082 416 0812.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.