Man van Leeukop gered

Bemanning AMS: kapt. JR Redelinghuys, eksterne laai-operateur Lindsey Cyster, Metro-reddingsbeampte Shaheed Osman en tegniese reddingsbeampte Kevin Tromp

Bemanning AMS: kapt. JR Redelinghuys, eksterne laai-operateur Lindsey Cyster, Metro-reddingsbeampte Shaheed Osman en tegniese reddingsbeampte Kevin Tromp

ʼn Man is Donderdagmiddag van Leeukop in Kaapstad gered nadat hy geval en sy been gebreek het.

“Die Wes-Kaapse departement van gesondheid se noodreddingsdiens en AMS se reddingshelikopter is omstreeks 14:50 ontbied na Leeukop by Tafelberg,” het Venessa Horn, woordvoerder van AMS, in ʼn verklaring gesê. “ʼn Man het geval terwyl hy op die kop gestap het en het ʼn fraktuur opgedoen.”

ʼn Paramedikus en ʼn reddingsbeampte het tot by die man gekom en hom op die berg gestabiliseer voordat hy met ʼn draagbaar opgehys is. Hy is in die Kloofnek-parkeergebied aan ʼn plaaslike ambulansdiens oorgegee vir verdere behandeling en vervoer na ʼn hospitaal. “Die redding het ongeveer ʼn uur geduur,” het Horn bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.