Robert McKenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, het gesê die man het in die vroeë oggendure in die see beland en onder die water verdwyn. McKenzie kon nie bevestig wat die man op die pier gedoen het ten tyde van die voorval en of daar enigemand saam met hom was nie.
“Die man word nog vermis en daar word ongelukkig aanvaar dat hy verdrink het,” het McKenzie gesê. “Polisieduikers is tans besig om na hom te soek. Familielede van die man is op die toneel om beamptes te help om hom te identifiseer sodra hy gevind word.”