Man van pier meegesleur

Argieffoto: www.hoteldurban.com

Argieffoto: www.hoteldurban.com

ʼn Soek-en-reddingsoperasie is by die Virginia-pier, noord van Durban, onderweg waar ʼn man vroeg vanoggend deur ʼn brander van die pier af in die see meegesleur is.

Robert McKenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, het gesê die man het in die vroeë oggendure in die see beland en onder die water verdwyn. McKenzie kon nie bevestig wat die man op die pier gedoen het ten tyde van die voorval en of daar enigemand saam met hom was nie.

“Die man word nog vermis en daar word ongelukkig aanvaar dat hy verdrink het,” het McKenzie gesê. “Polisieduikers is tans besig om na hom te soek. Familielede van die man is op die toneel om beamptes te help om hom te identifiseer sodra hy gevind word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.