Man van skip gered toe steierwerk meegee

Foto: NSRI

ʼn 55-jarige man van Kaapstad, wat in ʼn harnas tussen ʼn skip en die see vasgekeer was toe steierwerk meegegee het, is Vrydag deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gered.

Pat van Eyssen, NSRI-stuurman in Tafelbaai, het gesê die NSRI is die middag omstreeks 16:00 deur die Transnet-haweowerheid na die toneel ontbied. Herstelwerk word gedoen aan die skip by Duncan-dokke.

“Die man het in sy harnas gehang, halfpad tussen die dek van die skip en die water. Hy was tussen die steierwerk vasgekeer wat meegegee het,” het Van Eyssen verduidelik.

ʼn Reddingstuig is onder die man geposisioneer en met ʼn tegniese reddingspoging is die man na veiligheid gebring. Paramedici het hom in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.