Die man wat glo die naweek ʼn motoris gedurende ʼn padwoedevoorval in Fourways, Johannesburg, aangeval het, verskyn na verwagting Woensdag in die Randburg-landdroshof.
Die man het homself Dinsdag aan die polisie oorgegee en is deur sy regspan vergesel. Die man is later die dag op borgtog vrygelaat en word aangekla van aanranding.
Die voorval het Saterdag om 15:00 in Witkoppenweg plaasgevind en is deur ʼn ooggetuie afgeneem. Beeldmateriaal van die voorval het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.
Die video wys hoe ‘n man gewelddadig ‘n VW Polo skop. ‘n Porsche is langs die man geparkeer.
Die bestuurder van die Polo draai sy ruit af waarna die man sy arms by die motor indruk.
Volgens die slagoffer het die man glo twee blikkies uit die Porsche gegooi en hy het die man konfronteer, waarna die aanval plaasgevind het. Klik hier om die video te sien.
Sluit toe die man en gooi weg die sleutel!!! Dit is die begin van ‘n volgende “Oscar Pistorius” geval!! Hy hoort nie -n ‘n normale samelewing nie!!
Ek stem Swannie ek Stem………………………..