‘n Man is Donderdagaand in Midrand in hegtenis geneem nadat hy glo betrokke was by twee gewapende kapings en die besit van twee gesteelde motors.
“Beamptes van die hoëspoedeenheid van die Johannesburgse metropolisie het die man, in sy laat 20s, in hegtenis geneem,” het hoofsup Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, gesê. “Hy het ook ‘n vuurwapen by hom gehad.”
Die JMPD het die man in hegtenis geneem nadat hulle gesien het hoe ‘n silwer Mercedes Benz en ‘n wit Getz roekeloos op die K101 na Midrand jaag. “Vier verdagtes het ontsnap. Die Mercedes Benz is Donderdag in Centurion gekaap en die Getz is verlede jaar in Kempton Park gekaap,” het Minnaar gesê.
Die man sal na verwagting binnekort in die hof verskyn. -SAPA
Sluit toe, en gooi die sleutel weg…