Man vas; gekaapte voertuie opgespoor

Wayne Minnaar, hoofsuperintendent van die Johannesburgse metropolisie Foto: Lauren Mulligan, TimesLive

Wayne Minnaar, hoofsuperintendent van die Johannesburgse metropolisie Foto: Lauren Mulligan, TimesLive

‘n Man is Donderdagaand in Midrand in hegtenis geneem nadat hy glo betrokke was by twee gewapende kapings en die besit van twee gesteelde motors.

“Beamptes van die hoëspoedeenheid van die Johannesburgse metropolisie het die man, in sy laat 20s, in hegtenis geneem,” het hoofsup Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, gesê. “Hy het ook ‘n vuurwapen by hom gehad.”

Die JMPD het die man in hegtenis geneem nadat hulle gesien het hoe ‘n silwer Mercedes Benz en ‘n wit Getz roekeloos op die K101 na Midrand jaag. “Vier verdagtes het ontsnap. Die Mercedes Benz is Donderdag in Centurion gekaap en die Getz is verlede jaar in Kempton Park gekaap,” het Minnaar gesê.

Die man sal na verwagting binnekort in die hof verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.