Man vas ná 11-jarige uit ouerhuis verdwyn

Argieffoto: SAPD

ʼn Man sal Maandag in die Pinetown-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn nadat ʼn 11-jarige meisie, wat verlede maand vermis geraak het, by sy huis gevind is.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê Kholiwe Blose is verlede maand uit haar huis in die KwaNyuswa-gebied, naby Port Shepstone, ontvoer. ʼn Saak van ontvoering is by die polisie aanhangig gemaak en ʼn grootskaalse soektog na die meisie is van stapel gestuur.

“ʼn Uitgebreide ondersoek het die polisie na die Bhobhoyi-gebied gelei nadat lede van die publiek ʼn foto van die vermiste kind in die media gesien en die polisie gekontak het. Die kind is by die verdagte se huis gevind. Hy is onmiddellik in hegtenis geneem en na die Hillcrest-polisiestasie geneem waar hy aangehou word.”

Mbele het gesê die meisie is na ʼn hospitaal geneem om medies ondersoek te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Snip ·

Dank die Vader sy is lewendig gevind. Goed dat die gemeenskap saam gewerk het, wens dit kan oral so gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.