Man vas ná 12-jarige spoorloos verdwyn

(Argieffoto: pixabay)

Forensiese toetse sal gebruik word om te bepaal of die liggaam wat tussen die riete op ʼn plaas by Kronendal gevind is, dié van ʼn 12-jarige seun van Houtbaai is wat vroeër verdwyn het.

Die seun het Woensdag verdwyn nadat hy die laaste keer saam met ʼn 23-jarige man gesien is. Die twee ken mekaar, het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, gesê.

Dié man is Saterdag in hegtenis geneem in verband met die kind se verdwyning en verskyn na verwagting Maandag in die Wynbergse landdroshof.

Die polisie het gesê die ondersoek is in ʼn gevorderde stadium. Die kind se naam is nie bekend gemaak nie.

“Meer besonderhede oor die ondersoek sal na verwagting bekend gemaak word wanneer die verdagte in die hof verskyn,” het Potelwa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter J ·

Soos wat ons regstelsel en wetstoepassing nou werk gaan die moorde op kinders en vrouens nie gestop word nie.

Sarel ·

Raak nou gewoonte en Parlementariërs glo ” silence is Golden”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.