Man vas ná 3-jarige se dood

Courtney Pieters

Die polisie het ʼn man in hegtenis geneem ná die vermiste Courtney Pieters (3) se liggaam Saterdag gevind is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die 40-jarige man is Sondagaand in Salberau, Elsiesrivier, in hegtenis geneem. Volgens Van Wyk sal die man binnekort in die Goodwood-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Courtney se liggaam is in die omgewing van Bofors-sirkel in die Epping-nywerheidsgebied gevind. Sy is op 4 Mei as vermis aangemeld nadat sy die laaste keer gesien is toe sy glo buite gespeel het.

Juanita Pieters, Courtney se ma, het haar vroeër tot sosiale media gewend in ʼn poging om haar dogtertjie weer veilig tuis te kry.

Volgens verskeie bronne het Pieters talle boodskappe van ʼn vreemde nommer ontvang wat geld vra in ruil vir inligting oor haar dogter.

“Misdade teen vroue en kinders is ’n topprioriteit vir die polisie in die Wes-Kaap en ons sal alles in ons vermoë doen om oortreders aan te keer,” het Van Wyk gesê.

Enigiemand met enige inligting oor die voorval word versoek om die ondersoekbeampte, speurkaptein Taylor, te kontak by 082 522 1090.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Genieve ·

Sit hom ini dronk en gooi dai sleutels weg!!!!!……laat hulle hom martel yoh hys was gewetenloos.RIP kleine kind.

Hanna ·

Jy kon dit nie beter gestel het nie. Doodstraf moet weer ingestel word.

ME ·

Ons skool stelsel kan veel eerder sekere vakke laat vaar en in die plek daarvan opvoeding doen wat duidelik nie in sekere huise gebeur nie. Leer kinders om die natuur, diere en ander mense en hulle besittings te respekteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.