Man vas ná aanval op bekende Kimberliet, lewensmaat

Piet en Rikkie. Foto: Facebook

ʼn 25-jarige man is Maandagaand in hegtenis geneem in verband met die rooftog by en wrede aanranding van Piet Els en sy lewensmaat, Magrietha “Rikkie” Alsemgeest, verlede week.

Maroela Media het vroeër berig Els en Alsemgeest is verlede Dinsdag op hul plaas sowat 10 km buite Kimberley aangeval.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het toe aan Maroela Media gesê die aanvallers het glo deur die loop van die aand op die plaas toegeslaan. Volgens hom is diamante en vuurwapens uit ʼn kluis gesteel. Els is glo ʼn diamanthandelaar.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag gesê die Noord-Kaapse eenheid vir trio-misdade, speurders van Kimberley en die misdaadintelligensie-eenheid het inligting oor ʼn verdagte opgevolg. “’n 25-jarige man is omstreeks 18:00 by ʼn huis in Galeshewe in Kimberley in hegtenis geneem,” het Kock gesê.

Volgens Kock het die polisie ʼn juweliersitem wat glo aan die klaer behoort in die verdagte se besit gevind.

Kock het vroeër aan Maroela Media gesê vier aanvallers het Els en Alsemgeest glo gedreig en hulle aangerand voordat hulle hul hande en voete vasgebind het.

Hy het gesê daar word beweer dat die verdagtes die kluis met ʼn hoeksnyer oopgesny en met ʼn groot hoeveelheid waardevolle items, ʼn jaggeweer en ʼn wit Mercedes-Benz op die vlug geslaan het.

Volgens Müller is die slagoffers glo vir ure aangerand en gemartel.

Els en Alsemgeest se voertuig is later verlate op die R31 naby Phutanang buite Kimberley opgespoor.

Die verdagte sal binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan ao. Patrick Dibebe by 082 752 2577 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

petie ·

was die slagoffers swart gewees het die land gebrand en kon jy nie naby die selle waar die verdagte gehou word kom nie.

lizl ·

En hoekom daag ons mense ook nie in die honderde op, dring aan op geen borg en op die ergste straf ? Wed jou, daar gaan `n handjie vol mense wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.