Man vas ná aanval waarin hy geskiet en vrou vermoor is

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die polisie het ʼn 71-jarige man in hegtenis geneem ná die moord op ʼn 65-jarige vrou in ʼn veiligheidsoord in Muizenberg vroeër vandeesmaand.

Maroela Media het vroeër berig ʼn vrou is dood en haar man beseer nadat hulle glo die betrokke Saterdagoggend vroeg in hul huis in Uitsigweg in Marina da Gama in Muizenberg in Kaapstad aangeval is.

William Carter is met ʼn skietwond in die maag aangetref en is na ʼn hospitaal vir behandeling geneem. Sy vrou, Frances, is met ʼn steekwond op die kombuisvloer gevind en op die toneel dood verklaar.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte in die saak is Maandag by ʼn hospitaal in hegtenis geneem toe hy ontslaan is.

EWN berig Carter is die verdagte wat in hegtenis geneem is en dat hy reeds in die Muizenberg-landdroshof verskyn het op aanklag dat hy sy vrou vermoor het.

Benewens die aanklag van moord word vuurwapenverwante aanklagte ook teen hom ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JohanR ·

Lyk my is ‘n van Breda geval? Die vrou het ‘n skoot afgekry voordat sy gesteek is, of is sy eers gesteek en toe ‘n skoot afgekry?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.