Man vas ná bejaarde vrou se verdwyning

Pamela Burns

Pamela Burns

ʼn 25-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die verdwyning van ʼn 68-jarige vrou van Port St. Johns.

Kapt. Mduduzi Godlwana, woordvoerder van die polisie, het gesê Pamela Burns word van Vrydagaand vermis. Haar motor was ook soek. Volgens Godlwana is die motor egter Saterdag in Mthatha gevind nadat dit in ʼn ongeluk betrokke was. Die motor het nie meer die oorspronklike nommerplaat opgehad nie.

Godlwana het gesê ʼn man wat in die motor was, is in hegtenis geneem. Die verdagte het glo ʼn tweede verdagte uitgewys, maar laasgenoemde is ná ondervraging vrygelaat. Die man wat in die motor gevind is, het glo aan polisiebeamptes erken dat hy Burns vermoor het.

Volgens Godlwana word die verdagte tans van Mthatha na Port St. Johns vervoer waar hy glo Burns se liggaam aan die polisie sal uitwys.

Die Daily Dispatch het vroeër berig dat Burns se seun agtergekom het sy ma word vermis nadat daar glo Saterdag by twee verskillende geleenthede gepoog is om geld van haar bankrekening te onttrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Manie ·

Solank die ANC aanbewind is sal die dinge nooit ophou nie. Want daar word noe werk geskep nie en die hangtou is wegevat. Hang n moordernaar en klaar, geen ander genade nie Sorry?

Ander Koos ·

Ai, hoe verskriklik! Weerlose en onskuldige mense word daagliks vir niks vermoor. Die regering is enigste wat dit kan stop en hulle doen niks!! Wat ‘n skande!

Nico ·

Sterkte aan Sheila Addison van Bfnt haar sussie en hulle 93jarige moeder van Kaapstad. Ons innige simpatie.

Fred ·

Was by Port St John’s so 3 jaar gelede, wragtig gedink die tiepe ding sou met ons ook gebeur op vakansie . Dink jy moet regtig braaf wees om daar te bly. Innig jammer vir die die Burns gesin.

Hennie ·

Verniel, Verwoes, Verbrand, Verkrag en Vermoor. Eienskappe van satan en sy demone!

Joann ·

Manie dis waar. Zuma het vandag weer so vreeslik werk skepping aangekondig in sy toespraak wat geskryf is deur iemand anders,glo my dit gebeur elke maal voor n verkiesing.

Sarie Joubert ·

Ons moet mooi dink oor die doodstraf. Ons leef in ‘n ander bedeling as jare gelede. Die regters deesdae is oorwegend anders kleurig..en sal nie sommer die doodstraf toepas nie. Ek twyfel ook of dit enigsins weer sal toegepas word. Ons belasting betalers sal maar moet opdok terwyl meneer ‘n heerlike tyd in die gevangenis geniet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.