Man vas ná bewerings van kinderarbeid

ʼn Optog is Donderdagoggend deur ANC-lede in Wesselsbron gehou. Van die dorp se inwoners beweer die optog hou verband met Reyneke se saak, maar dit kon nie amptelik bevestig word nie. Foto: Verskaf

ʼn Arbeidsmakelaar van die Wesselsbron-gebied in die Vrystaat, wat deur die Valke ondersoek is oor bewerings dat hy minderjarige kinders as werkers op plase in die gebied laat werk het, is Donderdagoggend in hegtenis geneem.

Tobie Bird, Hendrik Reyneke se swaer, het aan Maroela Media gesê swaargewapende polisiebeamptes en beamptes van die Valke het omstreeks 06:00 vanoggend in talle voertuie by die plaas waar Reyneke woon, opgedaag en hom in hegtenis geneem.

“Van daardie beamptes klim daar uit met R5-gewere. Hoekom is dit nodig vir so baie beamptes om een man in hegtenis te neem? As hulle vir hom gesê het hy moet polisiestasie toe kom, sou hy dit onmiddellik gedoen het, maar hulle verkies nou om dit só te doen. Daar is by my geen twyfel dat hierdie ʼn klomp opgeblaasde nonsens is en dat [die owerhede] nou probeer om politieke voordeel hieruit te trek nie.”

Kapt. S’fiso Nyakane, woordvoerder van die Valke, het aan Maroela Media gesê Reyneke het vandag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van kinderarbeid, mensehandel en die oortreding van die basiese voorwaardes vir indiensneming.

Nyakane het gesê Reyneke se inhegtenisneming hou verband met 39 kinders tussen die ouderdomme van 13 en 17 jaar en 247 volwassenes wat twee weke gelede van vier verskillende plase in die Wesselsbron-distrik “gered” is. Volgens Nyakane het die owerhede ondersoek ingestel nadat hulle ʼn wenk ontvang het.

Hy het gesê Reyneke het na bewering die werkers van Setlagole, Madibogo en Delareyville af laat kom. “Die departement van natuurbewaring het ook op 31 leeus op sy plaas Driehoek beslag gelê vir die nienakoming van permitvoorwaardes,” het Nyakane gesê.

Maroela Media verneem egter dat die leeus nie aan Reyneke behoort nie, maar slegs op die plaas aangehou is waar hy ook woon. Bird het ook aan Maroela Media gesê daar is nie op enige leeus beslag gelê soos Nyakane beweer nie.

Bird hou vol dat die bewerings teen Reyneke onwaar is. Hy verduidelik dat die werkers jaarliks van Noordwes af kom om as seisoenale werkers op die plase in die omgewing te werk. “Baie van die vroue het nog klein babatjies en dan bring hulle ouer kinders saam om na die babas te kyk terwyl hulle werk. Nou word daar gemaak asof hierdie kinders deur [Reyneke] aangestel is om op die plase te werk. Dit is heeltemal nonsens.”

Hy het gesê die hele saga het nou tot gevolg dat hierdie werkers, wat jaarliks op dié manier ʼn inkomste verdien het, nou sonder werk én sonder inkomste sit.

Bird het bygevoeg bewerings dat sommige werkers glad nie vir hul werk betaal is nie, is ook nie waar nie. “Baie van die werkers het versoek dat hulle nie maandeliks betaal word nie, maar eerder al hul geld aan die einde van die werkseisoen ontvang. Dan het hulle ʼn lompsom wat hulle vir ʼn rukkie weer kan onderhou. Nou word daar gemaak asof hierdie werkers nie vir hul werk betaal is nie.”

Hy het gesê hy daag die owerhede uit om te bewys dat enige van die bewerings wat teen Reyneke gemaak word waar is.

Bird het gesê daar is ook Donderdagoggend ʼn optog deur ANC-lede in die dorp gehou. Van die dorp se inwoners beweer die optog hou verband met Reyneke se saak, maar dit kon nie amptelik bevestig word nie.

Maroela Media kon ten spyte van verskeie pogings nie Reyneke se regsverteenwoordiger bereik vir kommentaar nie.

Nyakane het gesê Reyneke sal op 13 September weer in die hof verskyn vir sy borgtogaansoek. Hy bly tot dan in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Leeu ·

Sover ek weet mag jy werk vanaf 14? of is dit 16? Of is ek helemal verkeerd? Wel ek’t gewerk toe ek 13 was.

Francois Le Cochon ·

16, en moet ‘n belastingnommer he. Moet dus by SARS ge-registreer wees.

zelda ·

Cut your nose off to spite your face…. haha. Vergeet ek hul kan nie so ver dink nie

KAREN ·

Sommige kry al baba’s op 12. Dis nie statutere verkragting maar o wee moet asb net nie werk op dai ouderdom. wel ek is baie jammer vir die aangeklaagde maar stil stil gelukkig oor die honderde honger werkloses. Zelda dis inderdaad die waarheid – Cut your nose to spit your face….

Friesperd ·

Gewapen tot die tande, ses uur in die oggend. Dis ‘n beplande operasie! MAAR in Pta word die weermaglid wat vrou koelbloedig skiet in helder daglig slegs laat weet waar en wanneer hy by die hof moet wees. Verkiesing is oppad!!

KAREN ·

Ek kan nie glo hy word in aanhouding gehou vir so iets ? Maar lekker 286 plus baie baba’jies is vanaand sonder kos. Laat dit vir die bron van inligting les wees !!!!!

Lola ·

Friesperd, vir wie gaan ons stem??????????????????????????????

Ek stem ·

Lola my vraag ook die mense wat hier kla oor alles ek hoop jul doen wat Lola se en moet asb nie vir my se jul weet nie vir wie nie, natuurlik vir volk en vaderland, ons vaderland. Ek hoop nie jul is dan kleurblind nie want dan moet jul nie kla nie. Ander dra nie ons belange op die hart nie. Kom Steve Hofmeyr jy het mannemoed staan asb op vir ons.

Anti ·

Ek stem!! Meganiseer of laat le die plaas en gaan werk op die dorp! Laat somegis dan maar liewers dood verveeld en doodgaan van honger aa om die arme boere wat sorg vir kos op die tafels sooo sleggemaak word!! Dis wat moet gebeur! Totdat hulle besef waar kom die kossies vandaan!! Maar oom Z stel snaakse goeters voor!!

Rina Pretorius ·

Nog n hekse jag teen ons boere, raak groot asb ontslae van die euwel en skakel oor na meganiese arbeid. Ons boere gaan een na die ander so uitgehaal word skuldig of onskuldig. Ek hoop hierdie swaer van Reynecke sal getuig in die hof asook ander omliggende boere. Trek saam by die hof om die man by te staan in sy nood asb die wat kan

Karma ·

@Rina, dis een ding om van werkers ontslae te raak en te meganiseer. Maar dit is ‘n totale ander ding om ingevolge die arbeidswetgewing op die regte manier mense te ontslaan, sonder dat daar later etlike duisende of honderde duisende rande van jou geëis word vir onregverdige ontslag.

Dit is ook ‘n ander ding om van daai werker ontslae te raak as hy op jou plaas gebly het, uit te sit uit die plaaswerkershuis (bygestaan deur die een of ander soebat-en-lek organisasies ) en ‘n grond- of lewensreg-eis teen te staan.

En nog heel meer ‘n ander ding om elke nag te gaan slaap met vrees dat jy of jou gesin aangeval gaan word en elke dag op te staan met dieselfde gevoel. En ‘n groter ding is om geld en kos uit daai mense se monde te neem, sodat hulle ekonomies onaktief en ‘n staatslas (belastingbetalerslas) raak vir ‘social grants’ of hul wend tot misdaad om te oorleef.

En dit is ‘n heel, heel grootste as al ons boere sou besluit om die plaas te laat lê en ons kosmandjies leeg te laat loop sodat hongersnood heers.

Deon ·

Ek kry al vir jare nie meer n span nie,ons stroop stadig en deeglik,en dan eet die vee die res. Laat hulle maar op sypaadjie sit….

botterblommetjie ·

Hulle hou die nuus besig met onbenullige aanklagte en dinge …. waarom moet ons vra… Waarvan trek hulle ons aandag weg…

Jacques ·

As ek n boer was in die land het ek al my werkers weg gejaag en self aangegaan met die plaas .
Mens probeer hulle help , werk skep en dit is hoe die partye reageer op hoor se . Ek wonder egter of hy besef waar die kos wat hy vanaand eet vandaan kom ?? Shame, red n nasie en bou n volk hoe doen jy dit met oningeligte spesies .?

Amanda ·

Daar is baie jong wit seuns wat nie werk kry nie. Gebruik die jong mans om op die plase te werk.

koos ·

ek het jong wit mans in diens gehad. jammer, dit werk ook nie. trek hulle neuse op vir sekere soorte werk, bly weg sonder verskoning, vra af tyd vir allerhande nonsens en vra om vooruit betaal te word, waarna hulle stadiger werk of net wegbly.

speedguard ·

Het u al probeer met die wit jong seuns, hulle wil ook niks doen nie, TV kyk , Hubbly rook en Vape, verder loop hul die hele dag en kla, ek het probeer maar hoe meer jy help hoe meer verwag hulle, en is hul nie bereid om enige iets meer te doen wat verwag word nie, nee wat done that!!

Awie Opperman ·

Daar is ‘n baie gevaarlike tendens wat kop uitsteek en dit is om blankes te arresteer en in aanhouding te hou op die mees belaglike klagte. Was dit werklik nodig om Mnr Reyneke te arresteer voordat die klagtes teen hom behoorlik ondersoek is. Ek sal R1000 wed dat hulle op 13 September gaan aansoek doen vir uitstel om die saak verder te ondersoek. Hoekom is die valke hierby betrokke, maar hulle maak nooit hulle opwagting by plaasmoorde nie? Die ANC speel met vuur en hulle gaan die hele land aan die brand steek.

johnny_walker ·

tot een mooi dag wat hulle gaan probeer om die verkeerde boer te arresteer , en een mooi dag is nie meer ver weg nie , berei jou maar voor

Haan ·

Ek voel soos n buitestaander in my eie land. Hulle gaan moet verduidelik hoekom hulle hierdie twak so prioritiseer en die moorde op blanke mense so ignoreer… Nie vir my nie maar vir Hom

Wollie ·

Die ewige lewe is nie vir hulle (ander nasies en volke) bedoel nie maar NET vir Israel. YAHWEH het net n verbond met Israel en geen ander volke of nasies.

Speedguard ·

@wollie, nee wat ek dink jy moet bietjie verder in die Bybel lees, ek gaan jou nie se waar nie omrede ek wil he jy moet soek, ek kan jou belowe jy is verkeerd!

Karma ·

Wag, Tanya – jy moet dalk nie so vinnig praat nie. Ek het ‘n goeie idee daar sit een of ander politieke agenda hieragter. Iets of iemand dalk soos die EFF wat steun wil wen. Baie van dié mense is nog ongeletterd of laag-geskool. Hulle ken net van die plaas seisoenwerk. Nou kom daar ‘n Blink Stefaans en kom vertel hulle dat die wit baas hulle sleg behandel. “Hy gee vir julle nie kos nie, hy betaal vir julle nie by die week nie, hy laat die kinders werk vir hom vir die min geld” – ens. en stook die mense só op. Nou sê Blink Stefaans vir hulle: ” Die EFF gaan maak dat die wit boer een van die dae op dié plaas vir jóú moet werk, want die EFF gaan die grond vat en vir julle gee. Dan is julle die Baas en hulle die Klaas.” en so lieg-lieg-lieg hulle tot by die stembusse en kom daar niks van nie, is dit maar weer die blanke man wat die kaiings uit die vuur moet krap.

Uvonka ·

Die probleem hier is die aksie WERK!!! Wil eerder bakhand staan en almal anders blameer.

Hanna-patat ·

Toe ek n kind was, het my pa geboer en elke jaar hierdie seisoenwerkers in BOB gaan haal. Taungs was die plek se naam vanwaar hulle gekom het. Hulle was almal so gretig om elke dag drie etes te kon kry en behoorlike verblyf vir die tyd wat hulle werksaam was. Daar was ook baie vroue met babas en jong kinders…en almal was gelukkig en tevrede en baie dankbaar vir die geld wat hulle verdien het. Ons het altyd die kans gebruik om ou klere ook vir hulle bymekaar te maak waarvoor hulle baie bly was. Dit was natuurlik in die goeie ou tyd gewees. Ek verlang so na daardie dae…

Leon ·

@amanda , en uit daai wit seuns is daar bitter, bitter min wat daai werk sal doen, en teen daai salaris. Het al n paar by ons gehad, en hulle het nie eens 2maande in ons stoor gehou nie.

neels ·

Eerstens al werk wat die meerderheid jong seuns van vandah wil doen is om met hulle selfone te werk en rondte ry. Die regering wil nie he die mense moet werk nie, almal moet toelaes ontvang. As n werker vandag dros kan hy werkloosheids versekering toelae gaan eis, vroer jare het hulle dit net gekry as hulle uit diens ontslaan is.

Cathy Kotze ·

Hier in Kanada werk outjies van so jonk as tien jaar. Hulle lewer koerante af vir ekstra sakgeld. Kinders onder die ouderdom van 16 jaar mag tot 20 uur per week werk. Daar is nooit ‘n tekort aan kinders wat smag na ‘n eie inkomste nie. Ons eie 16-jarige kleindogter het twee na-uurse betrekkings en sy is geweldig trots op haar finansiële onafhanklikheid.

Dis belangrik dat kinders die belangrikheid van fiskale onafhanklikheid besef. Verander die wetgewing om kinders te beskerming teen uitbuiting. Bepaal ‘n minimum loon en streng voorwaardes. Dis belaglik om werkgewers wat die potensiaal het om kinders te help in hegtenis te neem.

Jacques ·

Ek wil net graag weet hoekom hy in aanhouding bly ? Dink hulle hy sal sy plaas en lewe op pak en uit die land uit trek , nneeeee hy is wit >. Die regering slaan hulle name met n hele plantasie nie eers net n plank nie .

Stefaans ·

My oupa het ook oesters laat kom. Beeste was geslag vir vleis. Hulle het meel gekry. Hulle het ook verkies om betaling na die oestydperk te ontvang. En hey as jy voel jy is vasgevang in jou werk of betaling is te min bedank en gaan soek ander werk. Ek kannie onthou dat daar melding gemaak was van die arbeiders wat tussen hoë sekuriteitsheinings met gewapende mans aangehou word nie. Die straatkinders moet ook dan geen fooi ontvang vir voertuie oppas nie.

Keelvol ·

Dit is maklik om te skree “Meganiseer”.
Ek dink baie van julle was nog nooit op ‘n plaas om regtig te weet waaroor dit gaan nie. Alles kan nie gemeganiseer word nie. Dink aan die sappige perske wat jy eet. hy word met die hand gepluk, met die hand op die sorteermasjien gesit en met die hand in die boksie of bakkie gepak. Die boksie is ook met die hand gevou. Masjien gevoude kartonne is net die groter produsente beskore. Die mark het ook allerhande merkvereistes en plakkers moet op die kartonne aangebring word.
Onthou om te meganiseer is duur en dit is nie die kleiner produsente beskore nie.
Daar word arbeid bespaar waar moontlik maar kan nie uitgeskakel word in baie van die produkte nie.
Ja, jong kinders pas die kleintjies op en as die baba skree borsvoed die ma hom in die werkgewer se tyd en gaan dan weer aan met haar werk, nou is dit kinderarbeid.
Jy daar in die stad! Gee jou werkgewer om in watter omstandighede jy woon of gee die valke om in watter omstandighede jou huis of tuinwerker woon? NEE!!! Daar word net op die boere gepik. Ons probeer ook net ons bes in moeilike omstandighede.
Die valke moet regtig hulle tyd en fondse vir beter goed aanwend.
Moenie met ‘n vol maag en mond vol kos kritiseer nie.
Die sogenaamde wit werklose seuns wil ook nie die nederige take verrig nie. Wie werk in jou tuin en huis?

KAREN ·

Daar is dit weer – 1 persoon word deur menige gewapende lede gearesteer. WoW die magsbeheptheid raak buite beheer Maar so sal elkeen van ons leer om liewer self die werk te doen. Daar is duisende van sy eie mense wat as trekarbeiders gebruik kan word. Hou op jammer voel hou op instop !! charity begins at home en in hierdie geval daar is duisende werklose blankes wat vir daardie salaris en waardigheid sal werk. Stuur asb die “gereddes”terug van waar hulle kom asb hou op in stop !!!!

DS ·

3de probeer slag – sensitiewe sakie Maroela? Se weer as dit ‘n SWART boer was wat dit gedoen het was hy geloof vir werkskepping. Omgekeerde rassisme. In die ou Suid-Afrika het die army mos in hordes opgedaag om onluste te voorkom nou gebruik hulle dieselfde taktiek net vir verkeerde doel. Hulle KAN mos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.