Man vas ná bomdreigement by Menlyn Maine

Mense drom saam buite Menlyn Maine. (Foto: Verskaf)

Die winkelsentrum Menlyn Maine in die ooste van Pretoria is Dinsdagmiddag noodgedwonge ontruim weens ’n bomdreigement.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn onbekende man in sy 50’s het omstreeks 11:15 by ʼn bank in die winkelsentrum ingestap en ʼn nota aan een van die banktellers oorhandig.

Op dié nota het daar gestaan dat daar ʼn bom in die bank versteek is.

Sekuriteit is in kennis gestel waarna die winkelsentrum noodgedwonge ontruim is.

Volgens Weilbach is die polisie se bomeenheid en K9-eenheid na die toneel ontbied en die man is in die bank in hegtenis geneem. Die polisie het in die proses ook op ʼn vuurwapen beslag gelê.

Talle klante en winkelpersoneel het vanmiddag nog buite die sentrum saamgedrom.

Weilbach kon nie gerugte bevestig dat die man op geld aangedring het nie.

Sy het wel gesê die polisie is steeds op die toneel om ʼn toestel te ondersoek wat in die winkelsentrum gevind is. Menlyn Maine is nog nie veilig verklaar nie.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Die man sal binnekort in die Hatfield-gemeenskapshof verskyn op aanklag van die oortreding van die Wet op Plofstowwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Wielspore ·

Dit is van te veel TV kyk wat mense sulke dom goed doen of die persoon is verstandelik aan die verkeerde kan van 50.

JohanR ·

Seker een wat nie sy betaling by Ace Magashule gekry het nie vir die Estina suiwel plaas debakel?

Hannis ·

Nou hoe kom die knaap met ‘n vuurwapen in die bank ingestap? So much for die fancy scanners en sekuriteit.

Ronel ·

Nee, osie. Die man het net sy ABSA bankkoste gaan terugvra….

wielie ·

Uhhhhhh verstandelik aan die verkeerde kant van 50 ??? bedoelende???

Danie ·

As mens dit ook nou moet ontwoord…maar nou ja…ik minder as 50…

Ore ·

Seker werkloos,nou gaan hy tronk toe.Kry kos,klere,kyk TV,eet lekker en word opgepas terwyl hy slaap.Lekker wen/wen vir hom

Dawie ·

5 * winkel sentrum,
5* sekuriteit.
En iemand loop helder oordag met geweer in…….

Great ABSA! Nou voel ek nog MINDER veilig.

Cherokee ·

Met ‘n geweer!!! Haai, is jy seker? Waar het jy dìt gelees? Besef jy hoe groot is ‘n geweer? As jy nou nog minder veilig voel, behoort jy wapen bevoeg te word. Dan sal jy die verskil ken.

Swanna ·

MM hoe kan ‘n persoon onbekend wees. Elke persoon in die lewe het ‘n naam en dan sê julle hy is oor sy 50’s hoe weet julle dit maar nie sy naam nie.

PETS ·

Ek wil net vra hoe weet julle dit was by ABSA bank nêrens word die bank se naam genoem nie, of is dit ek wat nie kan lees nie?

PETS ·

Dankie Ore, kon nie verstaan waar kry hulle die bank vandaan nie

Klip inni Bos ·

Mens moet redelik gvol wees vir iets of iemand om na so n daad oor te gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.