Man vas ná bomdreigemente aan banke

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Man wat in Augustus talle bomdreigemente aan twee van die land se grootste bankgroepe gemaak het, is vandeesweek deur die Valke vasgetrek.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die 22-jarige man het verlede maand verskeie bomdreigemente aan Eerste Nasionale Bank (ENB) en Standard Bank gemaak. “Die verdagte het beweer hy het bomme in die banke se kantoorgeboue geplant, wat beteken het dat die geboue ontruim en vir die dag gesluit moes word, wat gelei het tot die verlies van miljoene rande,” het Mulaudzi gesê.

Geen plofbare toestelle is gevind toe die geboue gefynkam is nie. Die man het glo geëis dat albei banke rekeninge wat aan ʼn trust behoort, sluit. Die man is uiteindelik opgespoor en Woensdag by sy werkplek in Polokwane in Limpopo in hegtenis geneem.

“Lede van die Valke het ook beslag gelê op selfone, simkaarte, dokumente en ʼn rekenaar,” het Mulaudzi gesê.

Die man sou Vrydag in die Johannesburg-landdroshof verskyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ladybug ·

hoe dom kan mens wees? SAPS lyk op die oog af deurmekaar, maar boeta, kry sal hulle vir jou kry!

Dave ·

Lady, dit sou lekker wees om weer jou stem te hoor as jy net sou probeer om sin te praat! Die ‘SAPS’ is een van die swakste polisiedienste in die wêreld!

KarenG ·

AH, ek stem nie saam nie. Kyk dat die SAPS lankal nie meer is wat dit moet wees nie is feite. Maar daar is nog lede daarbuite wat hul werk ernstig opneem, jare se indervinding het en net plein goed is in wat hulle doen
Geluk het niks daarmee te doen nie. Mens moet versigtig wees om te veralgemeen en die lof weg te vat van die mense wat dit verdien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.