Man vas ná brand vyf lewens eis

Argieffoto

ʼn Dertigjarige man verskyn binnekort in die hof in verband met die dood van vyf mense in ʼn huisbrand in Ikhwezi by Mthatha in die Oos-Kaap.

Kapt. Khaya Tonjeni, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die brand het vroeg Woensdagoggend in die huis begin terwyl die huisbewoners nog geslaap het.

“Polisiebeamptes het die liggame van vyf mense – vier mans en ʼn vrou – op die misdaadtoneel aangetref. Nog ʼn man is na die hospitaal gebring, waar hy in ʼn kritieke toestand verkeer.”

Tonjeni sê volgens hul voorlopige ondersoek het die verdagte die dag vantevore stry gekry met die oorledenes.

Hy moet Vrydag in Mthatha se landdroshof voorkom op aanklagte van moord en brandstigting.

Die polisie sê hulle soek nog ʼn tweede verdagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.