Man vas na gru-moord op sesjarige

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 22-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die gru-moord op ʼn sesjarige seun van Cradock in die Oos-Kaap.

Ao. Louis Stone, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte sal Vrydag in die Cradock-landdroshof verskyn.

Die seun se liggaam is Dinsdag in ʼn oop erf in Lingelihle in Cradock opgespoor. Hy het verskeie meswonde aan sy rug gehad.

Die seun het glo saam met ʼn maatjie gespeel toe ʼn onbekende persoon hulle genader en kos aangebied het. Volgens Stone het die maatjie weggehardloop en die slagoffer se ouers in kennis gestel dat hul seun verdwyn het. Sy ouers het hom as vermis aangemeld toe hulle hom nie kon opspoor nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dave ·

In Maleisië word ‘n man tot ‘n galg gevonnis vir dwelms en in Swart Suid Afrika sal ‘n moordenaar van ‘n ses jarige kind tronkstraf kry wat verlig sal word met parool.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.