Man vas ná gru-steekmoord

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man is in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met die gru-moord die naweek in Bryanston waar ‘n vrou ongeveer 50 keer met ‘n skerp voorwerp gesteek is.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, sê die 42-jarige man sal Woensdag in die Randburg-landdroshof verskyn.

Die vrou is omstreeks 17:00 Saterdagmiddag gevind nadat ‘n vrou en haar kind verby ‘n kantoorpark in Bryanston gery het en die vrou by die ingang sien lê het.

Die motoris het die nooddienste ontbied en paramedici was binne enkele minute op die toneel

“Die beseerde vrou het skaars reageer en het gesukkel om asem te haal. Hulle het haar dadelik met ʼn ambulans na die MediClinic Sandton geneem vir verdere behandeling,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, Sondag gesê.

Die vrou is later by die hospitaal dood verklaar.

The Star het Dinsdag berig dat die vrou deur haar man op die perseel van ‘n Sandtonse maatskappy aangeval is.

Die vrou se man het glo nie die volgende dag vir werk opgedaag nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Adri ·

Nee wat ons land raak n moordstad! Elke dag word daar gemoor, geroof, verkrag en wats volgende, regering skrik wakker en doen iets, of is jul te bang om iets te doen! Hkm 50 keer? Diere doen ni eers sulke dade ni! Wat gaan van SA word! Leef in vrede mense, lewe is kort!

Theresa ·

Die wetteloosheid in hierdie land seëvier Adri. Dinge sal nie verander nie want die Regering voel ‘n veer. Almal het net hierdie me-myself-and-I sindroom. Elke skep en sorg vir homself/haarself en verder worry hulle nie oor ons land wat ten gronde gaan nie. Alles van uitmekaar en hier gaan niks vir niemand oorbly nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.