Man vas ná gru-vonds

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 35-jarige man is in hegtenis geneem nadat ʼn vrou en ʼn baba se verbrande liggame in ʼn veld in die Noord-Kaap gevind is.

ʼn Verbyganger het Sondagoggend op die liggame in ʼn veld naby Windsorton afgekom en die polisie in kennis gestel, het kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die 18-jarige vrou en nege maande oue babaseuntjie is omstreeks 19:00 Saterdag die laaste keer gesien.

Volgens Tawana het nadere ondersoek gelei tot die 35-jarige man se inhegtenisneming. “Hy is glo die oorledene se kêrel en die pa van die seuntjie.”

Die verdagte sal Maandag in die Barkly-Wes-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Laksman ·

Nou sal die “regstelsel” die wrede moordenaar beskerm, maar die arme kind en vrou het geen beskerming gehad nie! Die DOODSTRAF sal dinge verander!

GM ·

Hoe doen iemand so iets aan hul eie kind? En dis nou die tipe ‘mense’ wie se regte ons regering ten alle koste beskerm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.