Man vas ná gyselaardrama in Durban

’n Gyselaardrama het Donderdagmiddag in Durban ontvou. (Foto: Emer-G-Med KZN)

’n Man is Donderdagmiddag in hegtenis geneem nadat hy ’n onbekende aantal mense in die pensioenfondskantoor op die 13de verdieping van die Salmon Grove-kantoorgebou gyselaar gehou het.

Die polisie en nooddienste in Durban was Donderdagmiddag steeds op die toneel waar die verdagte kort na 16:00 in hegtenis geneem is.

“Die verdagte was gewapen en plofbare toestelle was om sy middel gebind,” sê superintendent Parbhoo Sewpersad, polisiewoordvoerder.

“Die motief is in dié stadium onbekend en ons het geen besonderhede oor die verdagte nie.”

Volgens Sewpersad is die polisie, nooddienste en reddingspanne na die toneel ontbied en is alle ander kantore in dié gebou ontruim.

Die gebou is in Anton Lembedestraat geleë, naby die hooggeregshof in die Durbanse middestad.

“Ons het tans ons hande vol en versoek die publiek om die gebied om die gebou te vermy.”

*Hierdie is tans ’n ontwikkelende storie en Maroela Media sal meer inligting publiseer sodra dit bekend word.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Persheks Adri ·

Is die wapen gelisensieer en waar kry hy die plofbare toestelle? Pensioen gebou kan moontlik vir geld wees. Laat ons die storie volg…

Di ·

Dalk gaan dit oor probleme met die persoon se pensioen. Daar is geen dienslewering nie, mense raak so desperaat dat hulle onsinnige dinge aanvang net om iets uitgesorteer te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.