Man vas ná Hankey-plaasaanval

Argieffoto

ʼn 32-jarige verdagte sal Dinsdag in die hof verskyn in verband met ʼn aanval op ʼn plaas in die Hankey-omgewing in die Oos-Kaap waartydens ʼn ma van drie kinders geskiet en glo verkrag is.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is Woensdag deur lede van die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad en speurders in die Nketlana-nedersetting, net ʼn paar kilometer van die Lesotho-grens, in hegtenis geneem. Volgens Naidu is van die goedere wat tydens die aanval gesteel is ook deur die polisie teruggevind.

Die verdagte sal in die Hankey-landdroshof verskyn op vier aanklagte van poging tot moord, verkragting, onwettige besit van ʼn vuurwapen, roof met verswarende omstandighede, diefstal en onsedelike aanranding.

Maroela Media het vroeër berig die 44-jarige vrou en haar drie kinders was Saterdag 23 Maart alleen by die huis omdat haar man glo weg van die huis op ʼn jaguitstappie was. ʼn Aanvaller het toegang tot die huis verkry deur verskeie skote deur ʼn glasdeur te skiet en die vrou is in haar rug gewond.

Die aanvaller het die vrou gedwing om, steeds met die koeël in haar rug, saam met hom na ʼn kitsbank in Hankey te ry om geld te onttrek. Terwyl die aanvaller besig was om die geld te onttrek, kon die vrou daarin slaag om met haar voertuig weg te kom.

Naidu het gesê verskeie mense is as deel van die polisie se ondersoek ondervra, maar weer vrygelaat nadat hulle nie met die aanval verbind kon word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

PJC ·

Hierdie arme vrou en haar gesin se lewens sal nooit weer dieselfde wees nie. Dis baie jammer die blanke gemeenskap kon hom nie eerste in die hande kry en hom ook iets aandoen wat hom die res van sy lewe sal by bly nie.

Coen ·

Ek stem die dae van ander wang draai is verby ons moet onself verdedig tot die beste van ons vermoë maak nie saak wst die nagevolge is nie.

anton ·

Stem saam jou PJC………maar ons blankes sal nie opstaan en iets aan die aanvallers doen nie. Hulle loop nog met die bybel onder die arm en glo dinge sal van self regkom.
Die wat wel iets probeer doen, word dadelik deur ons eie mense verraai want die Afrikaners kon nog nooit saamstaan nie!!!

ChristaT ·

Anton daar is niks mee verkeerd om onwrikbaar in God te glo nie. Jy op die ander hand is ongelowig.. dit gaan sleg met ons omdat ons ons rug op God keer en magically verwag hy moet soos die goeie fee alles regmaak die keer as ons Hom ken waneer dit met on sleg gaan. Hou op om ware Christene te kritiseer…dit is jou probleem as jy nie daarvan hou nie. Ek Glo in God die Vader die Almagtige wat Hemel and aarde geskape het. Die een wat is en weer sal kom.

Hanna ·

Sisulu reken niemand in hierdie land het rede om vir hul lewens te vrees nie… Suid-Afrika is blykbaar n wetsgehoorsame, demokratiese land?! Nou ja toe, Lindiwe, hier is weereens die teendeel bewys. Ongelukkig was die slagoffer blank, so sy het dit seker “verdien”. Siek bleddie land van ons!

Coen ·

Die dag wanneer ons as een man opstaan en sê van vandag weier ons om enige belasting te betaal alvorens ons nie kry waarvoor ons betaal nie sal dinge gebeur soos met die swart maandag optog.

anton ·

Nee Christa, ek is nie ongelowig nie. Alles behalwe.
Maar die Christene wat net sit en glo as hulle gebid het sal alles sommer regkom, sit die pot bietjie mis. Jy sien by Bloedrivier het hulle ook gebid, n gelofte gemaak en toe die geweer opgeneem en geveg!!!
God kan/sal jou ook net help as jy bereid is om jouself te help. Onthou net, Hy werk nie vir ons nie. Ons moet ook ons kant tenvolle bring.

Gert ·

Afrikaner saamstaan het ‘n gereelde alledaagse repliek geword. Voortdurend sonder progressiewe metings. Politieke uitsprake is polities van aard. Die werklikheid heel anders. Die ANC het baie introspeksie nodig. Die omgewing sal geensins verander as verandering nie plaasvind nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.