Man vas ná hy beampte wou omkoop

Argieffoto

ʼn 32-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy ʼn Johannesburgse munisipale beampte probeer omkoop het.

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, sê die man is na bewering met byna R1 miljoen agterstallig op sy munisipale rekeninge.

Mashaba sê die man het glo gepoog om die spanleier van die BuyaMthetho-projek met R5 000 om te koop.

Volgens hom is ʼn reaksiespan na die man se huis ontbied waar hulle glo vasgestel het dat die man se elektrisiteit onwettig verbind is.

“Daar word beweer dat die man toe die beampte probeer omkoop het om nié die krag af te sluit nie,” sê Mashaba. “Die beamptes het die man daarna in ʼn lokval gelei deur hom te oortuig dat hulle die geld sou vat, maar hom in hegtenis geneem toe hy die geld oorhandig het.”

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Sjn ·

Hoe kry hy dit reg om so ver agterstallige dienste geld verskuldig te wees.

Hennie ·

Herman Mashaba het gefaal, hoe op aarde laat hy een persoon so ver agterstallig raak? Hoeveel sulke rekenings is daar in sy gebied? Nee wat Herman, jy het jou onvermoe bewys!!

Ivan ·

Hoekom plaas julle nie n foto van so n persoon nie..Daar is fele sulke gevalle daar buite.

Eksênet ·

Onthou, Mashaba het het die metro by die ANC oorgevat. Dit is dus nie Mashaba se bewind wat dit veroorsaak het nie. Gaan kyk bietjie watse groot veranderinge het Mashaba al reggekry in die JHB distrik.

Chrisjan ·

Hennie en Sjn,ek moet met julle saamstem: hoe raak iemand SO ver agterstallig by ‘n munisipaliteit?Deur beamptes om te koop IN die rekeninge afdeling!Daar hoord ‘n deeglike ondersoek gedoen word na die amptenare in daai rekeninge afdeling.

Pop ·

Hy het nie gefaal nie dit vat langer as 2 jaar om daai bedrag agter te raak. Wat dink jy sou gebeur het as ANC nog in beheer was daar dalk 10 miljoen

Pop ·

Ag hemel tog mense. Hoe is dit nou n burgemeester se werk om rekeninge na te gaan. Kom tog by. Hier is iemand wat nulle stad probeer regkry en julle oordeel net.

Hans ·

Ek stem heelhartig saam met jou pop. Mense wil net negatief wees omdat hul kan of omdat dit nie die velkleur is wat hul van hou nie of nie die party wat hul van hou nie, ek spekuleer net weet nie wat hul regte oortuiging is nie.

Johann Marx ·

Dis die munisipaliteit se skuld dat rekeninge so agterstallig raak. Ek veg nou van Junie 2015 af met ‘n rekening wat vir 6 maande lank ‘n meterlesing op gehad het van ‘n elektrisiteitsmeter wat NIE BESTAAN HET NIE!! Daarna het ek ‘n aanslag gekry vir watergebruik…..vir 274 dae. (sonder om die vorige 274 dae se waterlesings van my rekening te verwyder? Ek betaal dus dubbeld). Daarna is my watermeter DRIE keer uitgehaal, vervang met ‘n ou meter, wat weer uitgehaal is en my oorspronklike meter terug gesit is, en daarna vervang is met ‘n nuwe meter (sonder dat ek daarvoor gevra het)….en verlede week het ek ‘n munisipale rekeningstaat ontvang wat daarop aandring dat ek 3000 liter water per dag vir die afgelope 30 dae gebruik het……….terwyl die “nuwe meter” wys ek het 41,5Kl gebruik van 12 Desember 2017 af………’n gemiddeld van 56liter per dag. En jy staan GEEN KANS om hierdie mense te oortuig dat hulle sisteem stukkend is nie. Waarheen nou? Want jou keuses is dit: Betaal waarop hulle aandring, (maak nie saak hoe verkeerd die lesing is nie) of jou dienste word opgeskort…….

PROBEER ·

Ons het die Councillor direk gekontak. Hy het ‘n ondersoek geloods, agtergekom dat daar ‘n groot waterlek aan HULLE kant is waarna hulle ons na 3 maande met R13 000 vergoed het.

Mielie ·

Dit wys net weereens die leemtes in die stelsel. Die munisipaliteit gaan vir jare sukkel om die ANC se gemors uit te sorteer. Wat hartblywend is, is dat hulle misdaad en korrupsie vasvat. Waar n wil is is n weg

Boertjie ·

Liewe ouers! En as ek net 21 dae agterstallig is op my munisipale rekening, slaap ek daai aand sonder krag, en is dit een hengse storie om die spulletjie weer aan te kry.

Ivan ·

Nie een 21 dae agterstalig , dan word jou krag afgesny..maar om met 1 miljoen vir so lank weg te kom , is n skande.

Lila Botha ·

Baie geluk! Eerder laat as nooit. Dit is die eerste positiewe stap in die regte rigting. Be the change you want to see. Beloon die eerlike beamptes.

Hennie ·

Pop gaan kyk na ‘n burgermeester se verantwoordelikhede, dan praat ons weer. Hy is nie daar om net met sy ketting rond te loop nie, wanneer hy staan om as burgermeester gekies te word moet hy hom deeglik vergewis van sy take. As hy hierdie rekening geerf het, moes hy verbruik vir daardie persoon onmiddellik opgeskort het, as dit in sy tyd opgebou het moes hy lankal opdrag gegee het om die verbruiker te pootjie. Daardie skuld moet maandeliks gemonitor word, en regstellende stappe onmiddellik geneem word.

Hans ·

Jip dit is so. Gaan lees ook weer dat die krag onwettig aangeskakel was toe hul gaan ondersoek instel het. Dit is ook onmoontlik vir hom om van alles te weet tensy dit aan hom geraporteer word. Gaan vul jy daai pos en sien of dit moontlik gaan wees vir jou. Vra maar net.

Piet Pompies ·

Enige industriele besigheid wat met 3 fase krag werk kan maklik so ‘n rekening opbou, winkel sentrums gebruik net soveel krag.
Hierdie is goeie nuus, korrupsie word uitgeroei.

Alida ·

Herman het ANC gemors oorgeneem wat miljarde beloop. Hy maak nou skoon. Mooi Herman.

HOE??? ·

ASB verduidelik vir my hoe kry jy ‘n agterstallige rekening van R1 miljoen? Dit is weer mense wat se krag aangesluit gehou word (soos Winnie s’n) tot dit ‘n miljoen is, myne van R6000 word onmiddellik afgesluit as dit nie betaal is nie .. selfs oor ‘n naweek het hulle geen genade nie, ek onthou EENKEER het ons debietorder verkeerd afgegaan en ons was die naweek sonder krag … Ek glo egter as die aanbod bietjie hoër was was hy dalk nou los .. R5000 is maar min op ‘n rekening van R1 miljoen. DIT IS HOEKOM ALLE MUNISPALITEIT BANKROT IS, omdat SEKERE mense toegelaat word om kragrekeninge van biljoene op te laat loop terwyl ons arme ou wetsgehoorsame burgers en SOTTE In hierdie land vir alles moet betaal!!

Cassie ·

Die berig praat van die elektrisiteitsverbinding wat onwettig is.Verwyder dan die verbinding en laat hy die agterstallige geld betaal.

Hennie ·

Ek stem saam Hans dat hy nie oral kan wees nie, maandelikse skuld en afsnylyste moet gedruk word en aan Herman se Finansiele Hoof gerapporteer word. As dit nie gedoen word nie, verloop sake daar nie reg nie, en moet Herman dit regstel.

Sarel swartbrand ·

Verkeerde foto vals reklame vir die sapd dit was jmpd wat die ou gearesteer het.

Tania Heyns ·

Dagsê Sarel Swartbrand

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die argieffoto is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.