Man vas ná hy bejaarde oorval, beroof

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 24-jarige man van Port Elizabeth in die Oos-Kaap is dié week in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn bejaarde vrou in haar slaap oorval en beroof het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê die vrou is glo reeds op 30 Mei oorval en beroof.

Naidu sê die 75-jarige vrou was destyds besig om te slaap toe die 24-jarige man toegang tot haar huis verkry het. Die man het glo sy gesig met ʼn kussing verberg toe hy haar kamer binnegekom het, maar ook dieselfde kussing gebruik om dit oor haar kop te sit sodat sy hom nie kon sien nie.

Naidu sê die man het sy vingers in die vrou se keel gedruk om te verhoed dat sy om hulp kon roep.

“Die man het al vier ringe van haar hande afgehaal en toe gevlug. Die ringe het ʼn gesamentlike waarde van nagenoeg R15 000,” sê sy.

Naidu sê die man is dié week in hegtenis geneem nadat hy aan die rooftog verbind is deur middel van vingerafdrukke wat op die toneel geneem is.

Die 24-jarige man woon glo in dieselfde straat as die vrou.

Genl.maj. Thembisile Patekile, Mount Road-polisiebevelvoerder, sê dié inhegtenisneming kom as deel van die polisie se pogings om misdaad teen vroue en kinders in die provinsie te bekamp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willie ·

So hartseer, hoop hulle kon die ringe ook opspoor… Iemand koop dit by die skelm..

hoekom, hoekom, hoekom ·

Ag nee nog ‘n ongelooflike afskuwelike wrede misdadige insident!!!! Niemand is veilig in Suid-Afrika nie.

Theresa ·

Goed so vir vinnige optrede en ondersoeke – is hy in die tronk?? Word daar trauma berading aan die bejaarde dame gebied? Wat ‘n skrikwekkende abnormale ding moes sy deurgaan!!! Ekstra straf vir die vingers in die keel afdruk – vieslike optrede wat ekstra straf verdien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.