Man vas ná hy glo 14-jarige verkrag

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 14-jarige meisie verkrag het in Meadowlands, Soweto.

Konst. Sibusiso Chauke, woordvoerder van die polisie, sê die meisie het Dinsdag haar huis in Meadowlands verlaat sonder om vir haar ma te sê waarheen sy gaan.

Die meisie se ma het haar die volgende dag by die Meadowlands-polisiestasie as vermis aangemeld. Die ma het dieselfde dag in die straat gestap toe sy haar dogter gesien het.

Die meisie het aan haar ma gesê dat ʼn man haar gegryp en na sy huis geneem het. Hy het glo vir haar ʼn koeldrank gegee voor hy haar klere uitgetrek het en haar verkrag het.

“Hy het haar eers die volgende dag vrygelaat. Die meisie en haar ma het die saak by die Meadowlands-polisiestasie aangemeld. Die verdagte is Donderdagaand in hegtenis geneem.”

Die verdagte sal Maandag in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.