Man vas ná hy glo 190 km/h jaag

Argieffoto

ʼn 31-jarige man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo 190 km/h met ʼn Audi A3 op die R21 tussen Pretoria en Johannesburg gejaag het.

Ofentse Morwane, woordvoerder van die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid, het Donderdag gesê die man is deur die Gauteng-verkeerspolisie se hoëspoedeenheid gevang waar hy die spoedgrens van 120 km/h naby die Olifantsfontein-afrit oorskry het.

“Die man het beweer hy het gejaag omdat hy laat was vir ʼn vergadering. Hy is formeel aangekla van roekelose en nalatige bestuur en is op borgtog van R1 500 vrygelaat. Hy moet binnekort in die Kempton Park-landdroshof verskyn,” het Morwane gesê.

Sizakele Nkosi-Malobane, LUR van gemeenskapsveiligheid, het haar kommer uitgespreek oor die aantal voorvalle van roekelose en nalatige bestuur in die provinsie.

“Statistieke bewys dat die meeste noodlottige ongelukke veroorsaak word deur motoriste wat die spoedperk oormatig oorskry. Ons wetstoepassingsowerhede sal voortgaan om beslissend op te tree teen diegene wat nie die padreëls gehoorsaam nie,” het Nkosi-Malobane gewaarsku.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Ander Annie ·

Hulle moes hom toegesluit het. Sy versioning is nonsens

Daan Erasmus ·

Dit is loutere verdraaiing dat spoed doodmaak. Dan was Valentino Rossi lankal dood. En dit is nie ‘n swak voorbeeld nie. Sekere mense en motors kan spoed hanteer. Ander nie.

CAROL ·

Altyd dieselfde flou verskoning – was laat vir afspraak. Mens sorg mos dat jy vroeer ry.

SjN ·

Sluit hom toe en le beslag op die voertuig, verkoop dit tot krediet van die padongelukke fonds

Bernard Hellberg ·

Nkosi-Malobane se “statistieke” is suiwer duimsuig. Die spoedstorie is net ‘n gerieflike verskoning. Ek’s eerder in ‘n goeie motor met ‘n puik bestuurder teen 200km/h as binne in ‘n taci met ‘n dronk drywer teen 80km/h. Dink aan die Autobahn in Duitsland.?

Koos ·

Bernard jy is doodreg. Duitsland se ongeluksyfer is van die laagste in die wêreld, en op sommige dele van daai Autobahn is daar geen spoedperk nie.
Spoed maak nie dood nie – dis onbekwame bestuurders wat doodmaak.

GM ·

Die meeste van die tyd voel mens nie eers jy ry vinnig as mens in so ‘n ‘spoedwa’ ry nie. 120km/uur voel soos 60km/uur. Ek noem dit maar net vir diegene wat altyd voel dat almal probeer om windgat te wees as hul vinnig ry.
Daar sou minder ongelukke gewees het as die kruiende motors (wat 30km/uur in ‘n 120-zone ry) in die linkerkantste baan gery het en mekaar daar gefrustreer het in plaas van om in die ‘vinnige’ bane in te swaai as die motor agter jou 120km/uur ry.’ Keep left, pass right’ is ‘n konsep wat meeste nie verstaan nie.
As ek luister waardeur van my Duitse-kennisse moes gaan om hul lisensies te kry, dan kan ek insien hoekom daar ‘n autobahn in Duitsland is, en nie in S.A. nie.

Bernard Hellberg ·

Dankie, GM, bly om te sien nie almal sing in die “spoedvraat”-koor nie??

N Lourens Reitz ·

Floyd van die EFF is môre in die hof op Winburg omdat hy verlede week @ 182 km p/u gevang is- sonder dat hy inhegtenis geneem is of op borgtog vrygelaat is.???

Lees mooi! ·

Die man sit nie in die tronk nie hy is ook vrygelaat op borg.

N Lourens Reitz ·

Lees mooi.
Dit is die punt wat ek maak nl.
Bg.persoon is inhegtenis geneem en later formeel aangekla en daarna op borgtog van R1500 vrygelaat en nêrens lees ek mooi waar Floyd inhegtenis geneem is,formeel aangekla is en op bogtog vry gelaat is.

KP ·

Bernard ek stem saam ek is ook eerder in n padwaardige voertuig wat gebou en ontwerp is vir hoe spoed as in n taxi wat heelwaarskynlik onpadwaardig is. Ek praat nie die oortreding goed nie. Waar is ongelukke statistiek en kyk in hoeveel is taxis betrokke.

Oosie ·

Al wat ek wil weet is hoekom ons nie teen die selfoonoortreders ook optree nie. Groot trokke wat nie die minimum spoed van die hoofweg kan handhaaf nie.

Oop oge ·

Food for thouht …
Die wet is duidelik – die maksmum spoedgrens 120 kpu op `n snelweg. Enige iets oor dit is TEEN die wet .
As ek teen 120 kpu in die regterkanste baan ry, dan is ek binne die wet en dus ook in die “vinnige” baan, om verby die stadiger voertuie aan die linkerkant te beweeg.
Sou ek dan in die regterbaan teen 120 kpu beweeg en `n ander voertuig beweeg heelwat vinniger as die wetlike spoedgrens van 120 kpu, watter wet oortree EK, sou ek wyer om myself in `n risiko te plaas, deur links te beweeg en drasties spoed moet verminder om agter stadiger voertuie in te beweeg.
Waarom sou ek `n spoed oortreder laat begaan deur myself in risiko te plaas en indirek bydrae tot wetteloosheid, waar ander wetsgehoorsame padverbruikers (teen 120 kmu) ook in `n risiko geplaas word, deur hulle te versoek om links en regs oor die snelweg te laat vleg vir sy/haar spoedplesier.
Teen die wet beteken TEEN die WET. Buitekant die wet maak jy jouself skuldig aan `n pad-boelie en ongeskiktheid. As daar geen voertuie op die pad is nie, kan jy seker maak soos jy wil, maar in verkeer behoort jy respek teenoor jou naaste te betoon.
Dit geld natuurlik ook vir diegene wat onder die 120 kpu spoed beperking in die regterkantste baan beweeg en diegene wat onder die minimum spoedgrens in die linkerkanste baan beweeg.

Janine ·

Jy gebruik die padreëls lekker selektief. Die WET noem duidelik: HOU LINKS, gaan regs verby! So tensy jy iemand verby vat, foeter links! TSK! Mense soos JY veroorsaak dat ander gefrustreerd raak en DAN gebeur ongelukke.

Cherokee ·

Oop oge, dit raak tyd dat jy jou oge oopmaak. As jy teen 120kmu in die regterbaan ry en voertuie hoop op agter jou, gaan jy GROOT voel want jy pas spoedbeheer toe. Pasop dat jy nie eendag uitvind agter jou was ‘n ambulans met ‘n kritiek siek mens wat nie kon verby omdat jy dit terug gehou het. Maak oop jou oge.

Antiestabliesment ·

Oop Oge, vir jou stoot ek van die pad af! Wie is jy om my terug te hou as ek vinnig ry? Weet jy dalk of ek jaag omdat my kind in n ongeluk was en ek by die toneel wil kom? Weet jy of ek dalk ‘n persoon op die agter sitplek het wat ly aan n hartaanval en ek hospitaal toe jaag? Weet jy of ek dalk vinnig ry omdat hi-jackers sopas my voetuig wou afdwing van die pad? Jy is die oorsaak van frustrasie en ongelukke, bly van die pad af.

Phil ·

Ek stem saam met jou Janine. Ek noem sulke mense net reguit inhalig. Hy wil nie bietjie vinniger ry nie, nou hou hy by sy 120 in die regterbaan want NIEMAND mag verby hom ry nie. Glo ook nie hy besef/dink dat daar dalk nood is vir die persoon agter hom nie…..

IK ·

Die norm is padveiligheid wat gepaard gaan met hoflikheid en GEDULD. Ek het Januarie my R5000 uitgehaal en ‘n dag van GROOT PRET gehad op Zwartkops met die BMW M3. Op 75 jaar ouderdom was dit ‘n plesier om 180 km/h te bereik oor 370meter en ‘n gemiddeld van 104 km/h om die baan. Natuurlik is die glybaan ook daar om te kan ondervind wat gebeur op ‘n nat pad. Die M3 is ook bietjie vinniger as my Ford Ikon 1300 . . . Onthou dat daar beheerde toestande is wat nie naastenby geld op publieke paaie. Moenie jou truuks uithaal op openbare paaie!!!

Schalk ·

Hallo, wat is die spoed beperking, hoekom ai dink n bietjie, ek het ook so gery in my vorige lewe, maar weet vandag ek was n potensiële moordenaar. Jammer maar spoed oortreders is nie patriotiese landsburgers nie ook maar klipgooers en kriminele, dink voor jy my aanvat.

Antiestabliesment ·

Schalk
So jy erken jy het gejaag en onverskilig gery, ‘n potensiele moordenaar? Eks bly jy het verstand gekry. 60km/h is potensiele moord as iemand voor jou motor sou inloop. Magtag, jy kan ‘n kind doodry teen 40km/h voor ‘n skool! Daars ‘n verskil tussen onverskillig en vinnig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.