Man vas na hy glo dood fop

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 31-jarige man, wie se familie onder die indruk was dat hy Desember in ʼn motorongeluk in die Vrystaat verkool het, het Woensdag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is Sondagaand in hegtenis geneem. Hy het gister vlugtig in die hof verskyn op aanklag van bedrog en die saak is tot 6 Julie uitgestel. Die man bly in aanhouding.

Volgens Ernst word ʼn moordsaak intussen in die Vrystaat ondersoek in verband met die verdagte se ‘dood’, aangesien nou vasgestel moet word wie se lyk in die verdagte se motor gevind is.

Die verdagte se naam kan nie nou bekend gemaak word nie omdat dit die polisie se ondersoek kan belemmer.

Maroela Media kan wel bekend maak die verdagte se vrou is in Oktober 2012 in die egpaar se huis in Ruimsig, Johannesburg, vermoor. Die polisie het destyds haar moord saam met drie ander moorde ondersoek, aangesien dit vermoedelik met satanisme verband hou. Sy en die ander drie vermoordes was almal deel van dieselfde bediening. Dit is nie duidelik of enigiemand ooit vir die moorde in hegtenis geneem is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Dan ·

Ek wonder of sy vrou en die ander moorde verband hou met sy sg. gefnuikte dood Desember – dalk ‘n paar los randjies uit polisse of versekerings gekry..? So sal die waarheid altyd aan die lig gebring word. Vir al wat ons weet is een van hulle lyke gebruik om die lyk van die man in die motor voor te stel.. Satanisme al dan nie, dit is ‘n siek gedagte.

Anoniem ·

Ek verstaan nie, as die “31 jarig man” se liggaam verkool was in die ongeluk, moes daar nie ‘n outopsie gedoen gewees het om die lyk uit te ken nie en te bepaal dat dit wel hy is wie verkool was, DNA toetse ens? was daar net aangeneem dat die persoon in die kar die 31 jarig man was? is dit ‘n teken van swak polisiewerk?

M ·

Ek vermoed die polisie ondersoek slegs verder as vuil spel voor die hand liggend is . In die geval was daar geen vermoedenis daarvan nie. DNS monsters sou geneem wees maar is nie ‘n prioriteit nie. Daar is veel meer informasie agter die skerms op die stadium as wat die publiek van bewus is in terme van sy vermoorde vrou Mikeila Baillie, en die verwante moorde in Pretoria en die sogenaamde bediening waarmee hulle almal bettokke was ten tyde van hul almal se moord word daar vuil spel met die bediening vermoed. hul was nie sataniste nie, maar het met die bybel onder die arm mense manipuleer en vermoor.

Nico K ·

Ek het jare terug ook van iemand gehoor wat sy eie dood vervals het om ‘n polis te eis. Dit het nie gewerk nie en hy het toe maar weer vorendag gekom. Sy familie (wat geglo het hy is dood) was so geskok dat hulle hom nooit vergewe het nie.

Jakes ·

Die ou was saam my op skool en ons was goeie pelle op n tyd!! Mens sou nooit dit kon verwag nie!! Hy het/was nog altyd so voorbeeldig….mens kan nie oordeel as jy nie self in sy skoene gestaan het nie…

M ·

Mens hoef nie te oordeel om te besef iets is fout as jy jou eie dood fnuik nie. Hoe kan enige goeie mens dit aan sy familie en vriende doen? Weereens met die bybel onder die arm kom mense weg met moord

Yolandi ·

Baie goeie vriend van my met die mooiste persoonlikheid het ek al die jare gedink tot ek van die storie op fb moes lees. Het dit nie van hom verwag nie het ons oe uitgehuil oor hom en hyt sy vriende en familie vir fools gevat net vir n biekie geld. Sal dit ooit vergewe kan word….ek wonder!!!

Cherokee ·

Ek is soort van nuuskierig oor die voorlaaste sin wat sê dat hulle van dieselfde bediening was. Kerk-bediening? Vraag het betrekking met die feit dat daar satanisme betrokke was.

Elaine ·

Was ook saam hom op skool in Westonaria.. al wat ek kan se is.. stille waters, diepe grond! Dis uiters swak, kan net dink hoe het sy ma gerou, het haar toevallig ook geken! Dis baie sad!!!

Laetitia ·

Zak was saam met my kinders op Universitet – ‘n pragtige, goedgemanierde jongman wat altyd welkom in ons huis was. Die ou lewe loop sy eie pad met elkeen van ons, so ook het sy pad in koers ingeslaan wat niemand verstaan nie. Sterkte Zak en almal wat by hierdie gebeure betrokke is. Jy bly die Zak was ons geken het en hou julle almal in ons gebede – laat niemand die eerste klip gooi nie, ons weet nie wat in sy lewe gebeur het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.