Man vas na hy glo eksmeisie aanrand, verkrag

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 23-jarige man is in Willowvale in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo sy eksmeisie aangerand en verkrag het.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het Vrydagaand na sy eksmeisie se huis in Willowvale gegaan en haar aangerand. “Hy het haar na sy huis gesleep, haar erg aangerand en herhaaldelik verkrag.”

Volgens Manatha is die 19-jarige vrou eers Saterdagoggend vrygelaat en het sy ʼn klag by die polisie ingedien. Die polisie het die man opgespoor en in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.