Man vas ná hy glo gestremde verkrag

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn gestremde vrou verkrag het in Willowvale in die Oos-Kaap.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is Saterdag in Mazizini in hegtenis geneem.

Volgens Manatha is die 37-jarige gestremde vrou Vrydagaand by haar huis verkrag nadat sy die man glo gevra het om vir haar water te bring.

Die verdagte sal Maandag in die Willowvale-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.