Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het aangevoer dat hy omstreeks 09:30 Saterdagoggend die slagoffer van ʼn rooftog by sy huis in Millerstraat was. Volgens Traut het die man beweer dat drie rowers wat met messe gewapen was sy huis binnegekom en geld geëis het.
Die klaer het beweer dat die rowers met drie platskermtelevisies, ʼn musiekstel, ʼn DVD-speler en klankversterkers ter waarde van R50 700 gevlug het. Hy het ook gesê die rowers het hom vasgebind voordat hulle gevlug het.
“Die klaer is later in hegtenis geneem nadat daar ondersoek ingestel en bevind is hy het nie die waarheid gepraat oor die beweerde huisroof nie. Hy het erken dat hy gejok het aangesien hy finansieel in die moeilikheid is en wou gehad het die versekering moet uitbetaal,” het Traut gesê.
Die man sal op aanklag van meineed in die hof verskyn.
Ja dit is sulke mense wat ons ander mense benadeel . Want daar was by ons ingebreek en ons versekering wil ons nie uitbetaal nie . Daai mense moet op
n lys geplaas word en vesekering geweier word vir die res van hulle lewe .
WAT ‘N IDIOOT!!!!!