Man vas ná hy glo jok oor huisroof

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 33-jarige man van Gordonsbaai sal Maandag in die Strand-landdroshof verskyn nadat hy glo valslik beweer het hy was die slagoffer van ’n huisroof.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het aangevoer dat hy omstreeks 09:30 Saterdagoggend die slagoffer van ʼn rooftog by sy huis in Millerstraat was. Volgens Traut het die man beweer dat drie rowers wat met messe gewapen was sy huis binnegekom en geld geëis het.

Die klaer het beweer dat die rowers met drie platskermtelevisies, ʼn musiekstel, ʼn DVD-speler en klankversterkers ter waarde van R50 700 gevlug het. Hy het ook gesê die rowers het hom vasgebind voordat hulle gevlug het.

“Die klaer is later in hegtenis geneem nadat daar ondersoek ingestel en bevind is hy het nie die waarheid gepraat oor die beweerde huisroof nie. Hy het erken dat hy gejok het aangesien hy finansieel in die moeilikheid is en wou gehad het die versekering moet uitbetaal,” het Traut gesê.

Die man sal op aanklag van meineed in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ansie Laurens ·

Ja dit is sulke mense wat ons ander mense benadeel . Want daar was by ons ingebreek en ons versekering wil ons nie uitbetaal nie . Daai mense moet op
n lys geplaas word en vesekering geweier word vir die res van hulle lewe .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.