Man vas ná hy glo jong vrou wou ontvoer

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die King Williams Town-polisie in die Oos-Kaap het ʼn 35-jarige man in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 21-jarige vrou probeer ontvoer het.

Kapt. Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou is Donderdag om 08:30 glo amper in die dorp ontvoer. “Die vrou het na bewering van die munisipaliteit af in Alicestraat gestap toe ʼn voertuig langs haar stilgehou het. Die verdagte, onbekend aan haar, het haar in die voertuig ingedwing. Sy kon darem daarin slaag om deur die ander deur te ontsnap,” het Mawisa gesê.

Die vrou het ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak.

“Die polisie het op inligting van die gemeenskap gereageer en die verdagte Maandag naby sy huis in Breidbach, buite King Williams Town, opgespoor en in hegtenis geneem.”

Die man sal na verwagting Dinsdag in die King Williams Town-landdroshof verskyn op aanklag van ontvoering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KarooKlong ·

Ontvoering? Nee hy gaan maklik loskom.
Poging tot ontvoering? Ja hier kan hy probleme verwag.
Reaksie op/volgens die berig.

Theresa B ·

Skrikwekkend. So bly sy het kop gehou en kon vlug. Dis siek!! Erger nog om te dink daar is soveel mense daar buite wat met sulke angswekkende gedagtes en bose planne rondloop. Wens ek kon ‘n towerstaf swaai sodat almal kan verdwyn.

Keelvol ·

Laat die gemeenskap weet wie hierdie element in hulle midde wees. Die regsisteem gaan nie veel doen nie maar die gemeenskap kan dan weet wie hulle moet dophou en onder beheer moet bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.