Man vas na hy glo kollegas met mes steek

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie

Foto: Facebook via Mooirivier Beskerming

Foto: Facebook via Mooirivier Beskerming

ʼn Man is Sondag by sy werkplek in Potchefstroom in hegtenis geneem, nadat hy glo skielik drie van sy kollegas met ʼn mes aangeval het.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê Steven Brown (45) was Sondag by sy werk in Ross-straat toe die voorval gebeur het. Makau het gesê Brown het glo drie van sy kollegas met ʼn mes gesteek en een van hulle so erg beseer, dat hy in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas is. Brown is op die toneel in hegtenis geneem.

Makau wou nie die naam van die onderneming, waar die voorval gebeur het, bekendmaak nie.

“Die voorval is baie vreemd, want die polisie kon nog nie ʼn motief vir die aanval vasstel nie. Ons het geen inligting oor ʼn rusie of so iets nie. Die motief sal deel vorm van die ondersoek,” het Makau gesê. Sy kon nie bewerings dat Brown onder die invloed van alkohol was, bevestig nie en het net gesê die polisie is steeds besig met hul ondersoek.

Mooirivier Beskermingsdienste het op hul Facebook-blad foto’s van die voorval gedeel en gesê al drie slagoffers moes na die hospitaal gehaas word.

Brown het Maandag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die saak is tot 10 Oktober uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Privaat ·

Ek wonder maar net, is dit nie dalk onprofessioneel van n sekuriteitsmaatskappy om sulke fotos en details te deel op sosiale media nie? Sensasie bemarkingstegniek?

SkarrelKind ·

Privaat, ek wonder ook baie oor foto’s sommer so op sosiale media. Jy moet die fliek “Night Crawler” kyk. Dit hou verband met dié “eerste op die toneel foto’s”, soos hierbo.

En miskien was daar baie ander dinge aan die gang waarvan niemand weet nie, mens kan nie spekuleer en “drugs” uitwys nie. Wie hier tussen ons weet die ware storie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.