Man vas ná hy glo meisie (8) verkrag

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Man van die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn agtjarige meisie verkrag het, het die polisie gesê.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie van Ngqamakhwe het glo Saterdagoggend ʼn buitebadkamer gebruik toe sy glo deur die 26-jarige man oorval en verkrag is.

“Die meisie se ouma het na haar gaan soek toe sy nie teruggekeer het nie.” Volgens Manatha het die meisie aan haar ouma gesê sy is verkrag waarna sy haar vermeende verkragter geïdentifiseer het en ʼn saak by die Ngqamakhwe-polisiestasie aanhangig gemaak is.

Die polisie het die man in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Maandag in die Ngqamakhwe-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Dis mos ons land se nuwe nasionale sport: moord, verkragting en roof (gewapen of selfs net “grab a bag”).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.